Reading is a human right

Showing 1081–1128 of 1128 resultsSorted by latest

Sort by:
Show
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Tryna Du Toit Omnibus 5

R65,00
Huis van die purperwindeHermina se bedrogVerdwaalde Liefde
Product code: 9780798151894
R65,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Wals met Matilda - Dan Sleigh

R125,00
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
Product code: 9780624051466
R125,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Ena Murray Omnibus 26 - Skaduwees Van Gister / Die Geleende Bruid / Bruid Van Die Heerengracht (Afrikaans, Paperback)

R95,00
Liefde is 'n plantjie wat vertroetel en gevoed meot word. Selfs liefde kan nie op niks lewe nie.
Product code: 9780624048688
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Reuk Van Die Dood (Afrikaans, Paperback) - Riana Mouton

R110,00
Iemand is besig om jong vroue in Gauteng te ontvoer en te vermoor. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor.Junior Scheepers is die speurder wat hom moet vang, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en indien hy nie daarin slaag om by sy eie donkerte verby te kom nie, gaan hierdie moordenaar nog heelwat skade aanrig.
Product code: 9780799342406
R110,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Anderkant Pontenilo - Irma Joubert

R110,00
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
Product code: 9780624047018
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die son kom aan die seekant op - Jeanette Ferreira

R130,00
Die epiese tog van Louis en Martha Tregardt van die Kolonie tot by Delagoabaai
Product code: 9780798148825
R130,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Boerumoer - Oom Gysbert Se Dorpstories (Afrikaans, Paperback)

R100,00
Die verteller in hierdie verhale, Oom Gysbert, se stories speel af op plase en dorpe in die Karoo. Die skrywer skep spanning met ingehoue humor en die verhale eindig dikwels op verassende wyse. Hy vertel van die eenvoudige Boggie wat in die hospitaal begin boer het sodat hy vroegtydig weet wanneer die volgende begrafnis gaan plaasvind. Dan is daar ook die suinige tant Geesie wat haar suiker in die vallei van 'n duisend heuwels van haar boesem bewaar. En die dag van die mampoernagmaal.
Product code: 9780798152433
R100,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Ena Murray Keur 8 (Afrikaans, Paperback)

R195,00
In Gasheer van Drakeneiland nooi ’n miljoener vyf vreemdelinge na sy eiland, maar dit word ’n nagmerrie. Kan Irma Bruwer vir Anton de Woud vertrou of werk hy saam met hul gasheer? In Die droster van Doringbaai ontwikkel spanning by Sebastiaan Stadler se visfabriek. Verpleegster Petra Pelser volg hom een nag toe hy verdwyn . . . In Net na middernag word ’n prokureur op Driedoring vermoor. Saam met die speurder leer ons die dorpenaars ken, insluitende Marie Grebe wat versot is op speurverhale.
Product code: 9780624074045
R195,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Doodskoot - Francois Bloemhof

R220,00
Dit gaan nag raak in die Swartland ...Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is 'n aand, 'n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie. Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, 'n ryk sakeman, om in gietende reen sy motor se gebarste band om te ruil. Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie - sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin 'n dodelike jong vrou se kop vol planne op 'n vreeslike einde kan afstuur. Doodskoot is 'n boek vol versoeking, geheime, oeverblindery en konfrontasie deur 'n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.
Product code: 9781485903086
R220,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Agter Maskers - Marijke Greeff

R95,00
Ná ’n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar ’n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan ’n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in ’n dameskroeg as hy eintlik ’n opgeleide predikant is? In ’n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In ’n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.
Product code: 9780799382464
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Boheem

R260,00
Boheem is die derde spanningsroman in die Gys Niemand-reeks Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia. Op die dag van haar egskeiding, ontdek Katrien Bresselaar haar man se verminkte liggaam onder verdagte omstandighede. Sy word voor die reg vrygespreek van die moord, maar niemand dink sy was onskuldig nie. Toe sy dus drie jaar later by die kunstenaarskolonie, Bohemia, aankom en vir die tweede keer in haar lewe op die liggaam van ʼn vermoorde afkom, is daar baie vingers wat na haar wys. As sy immers een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie? Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen. ’n Rustige hawe vir kunstenaars is Bohemia allermins. Anne Lockwood haar met ‘n klomp kreatiewe mankes omring en so ‘n prutpot geskep wat die een of ander tyd moes oorkook. Gys Niemand en Fortuintjie, Niemandsdorp se beste speurspan wat die skuldiges in Springgety en Fortuin aan die pen laat ry het, kan maar net toekyk, want hulle mag nie betrokke raak nie. Totdat Gys besluit om verlof te neem en Vrystaat toe te gaan om Katrien Bresselaar alias Kayla Cilliers, finaal aan die pen te laat ry. Boheem was in 2010 ’n  finalis vir die ATKV se Veertjie toekenning in die spanningsroman kategorie. Nog twee Gys-boeke volg in Springgety, Fortuin en Boheem se voetspore, naamlik Meetsnoer en Dryfhout.
Product code: 9780799344646
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die leliemoordenaar - Lerina Erasmus

R260,00
Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?
Product code: 9780798174213
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Syferfontein - Cas Wepener

R220,00
Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met ’n ysterhand bestuur. Ná die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas.
Product code: 9781485306887
R220,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Liefde op Vergeetbaai - Kristel Loots

R45,00
Product code: 9780799335583
R45,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Lenteliefde - Kristel Loots

R45,00
Na haar egskeiding moet Aloma Viljoen toesien hoe haar seun na matriek onder die dinamiese Kobus Erlank se invloed Londen toe verkas. Aloma het haar voorgeneem sy sal nie soos ander vroue aan Kobus se voete gaan le nie, al is sy hoe eensaam. Maar sy sjarme is so onweerstaanbaar dat sy verbete daarteen moet veg. Kan sy die man vertrou?
Product code: 9780799333961
R45,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Meetsnoer, boek 4

R130,00
Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry die profeet Sias van die Meetsnoer Tempel se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie. Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar vermoed spoedig haar eie is dalk wel.
Product code: 9780799347234
R130,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Offerande

R275,00
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy Cesar, die moordenaar, se gene? Die kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en so die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit? Kommissaris De Brabander is 'n opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes – die keer vir die moord op een van haar agtervolgers. Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe die uit Belgie aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie. Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.
Product code: 9780799381320
R275,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Dood Van 'n Goeie Vrou - Chris Karsten

R260,00
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.
Product code: 9780798174183
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Verbode Drif - Irma Joubert

R260,00
Sy's 'n Boeremeisie, hy's 'n Jood. 'n Boerejood, ja, maar nogtans 'n Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms nie. Die Jode, weet Elizabeth, is 'n ander dam se eende. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd 'n plan.
Product code: 9780799343120
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Tolbos - Irma Joubert

R350,00
Katrien is ’n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvry-toer wat Suid-Afrika in die tagtigerjare tref. En in die verre Pole het ’n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid.
Product code: 9780799364033
R350,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Boheem - Chanette Paul

R230,00
Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nié onskuldig bevind nie. Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, ’n kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood ’n prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook. Onder die kreatiewe oppervlak sied dit – Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou. Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op ’n lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen ...Boheem is die derde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Meetsnoer volg hierop en Dryfhout sluit die reeks af. Springgety en Fortuin is die eerste twee boeke in die reeks.
Product code: 9780799351484
R230,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Slim Leuens - Lien Roux-de Jager

R145,00
Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...
Product code: 9780799369762
R145,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Swart Pelgrim - F A Venter

R150,00
Die Hertzogprys vir prosa is in 1976 aan Venter toegeken vir sy werke Swart pelgrim en Geknelde land. Vir Kambro-kind het hy in 1982 die Ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse ontvang. In 1981 het die Universiteit van Port Elizabeth die eregraad D. Litt aan hom toegeken as erkenning vir sy skryfwerk. In 1996 word die Andrew Murray Prys vir Literatuur aan Venter toegeken. Hy was ook lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde.F.A. Venter is oorlede in 1997.
Product code: Lit0014
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Groen Renosters - Wim Bosman

R260,00
Hoe vasbeslote is bepaalde mense om renosterhoring te oes en daarmee saam ‘n hele spesie tot niet te maak? En hoe suksesvol kan ander dit verhoed? Veral as daardie ‘ander’ slegs ‘n enkeling is wat eers die handoek ingooi as hy, bebloed en besmeer met mis, na die knal van die Mannlicher sy breë rug op dinge draai? Maar wat later terugkeer om sy selfopgelegde taak te volvoer.
Product code: 9780958478274
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Kringe in 'n Bos - Dalene Matthee

Original price was: R150,00.Current price is: R135,00.
Gr 12 Studiegids
Product code: 9780624021841
Original price was: R150,00.Current price is: R135,00.
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Liefde Sonder Hawe - Annelize Morgan

R50,00
Die jong Isabeau se lewe saam met haar ouers op die Franse platteland is nie idillies nie, maar daarvoor vergoed haar vriendskap met die skaapwagterseun Simon. Net voor Isabeau-hulle vir die soveelste maal na ’n ander dorp moet trek, sweer hulle twee trou aan mekaar, en Isabeau belowe dat sy sal terugkeer na Simon.Maar toe die noodlot ingryp, beland Isabeau op ’n seerowerskip, en daar bevind sy haar vir die volgende sewentien jaar van haar lewe. Sy word herdoop tot Solita, en met elke jaar wat verbygaan, vervaag haar hoop dat sy haar jeugliefde ooit weer sal sien en geluk saam met hom sal smaak. En toe die seerowerjagter Armand du Bois op die toneel verskyn, krap hy al haar toekomsdrome deurmekaar.
Product code: 9780624052692
R50,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Vuur op die Horison - Engela van Rooyen

R150,00
Engela van Rooyen se lywige, meesleurende intrigeroman Vuur op die Horison is al vergelyk met Gone with the wind, Anna Karenina en selfs War and Peace.Die gebeure strek vanaf 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as spilpunt. Generasies en kontinente word omspan terwyl die leser meegevoer word vanaf Suid-Afrika se goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en die barre Argentinië.Sentraal staan die familie Viljoen van Grootverlangen naby Magaliesberg, asook die familie Dalmain in Engeland. Terwyl Frans Viljoen vanaf die jagveld van Rhodesië terugkeer Transvaal toe om wapen op te neem, bevind ook Michael Dalmain, Young Lord en adellike erfgenaam, hom ter see op pad na die afgeleë suidpunt van Afrika. Albei het 'n verlede van ingrypende persoonlike intrige. Hulle is bekend met ontnugtering, maar ook met die dryfkrag van vaderlandsliefde en van 'n onvervulde liefde.
Product code: 9780624038351
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Bloedspoor Oor Die Maan - Bes Smith

R50,00
Product code: 9780799326758
R50,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Bestemmings - Marita van der Vyfer

R95,00
Bestemmings is 'n kortverhaalbundel met reis as sentrale tema. In feitlik al die verhale is daar karakters op reis - op reis na bestemmings binne en buite hulself. Telkens kom karakters in die vreemde tot nuwe gewaarwordinge omtrent hul bestaan. Die bundel bied merendeels vermaak in die beste sin van die woord, maar daar is ook enkele donkerder verhale waarin onder meer die aanvaarding van die dood van 'n geliefde op 'n onthutsende en literer oortuigende wyse aangeroer word.
Product code: 9780624043270
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

'n Vrou Gaan Dokter Toe - Ray Kluun

R120,00
Stijn en Carmen het alles - hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het 'n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wereld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde. 'n Vrou gaan na die dokter is 'n mokerhou. Rou, omstrede, maar ook eg ontroerend en lewens-bevestigend. " 'n Ode aan die liefde" NRC Handelsblad.
Product code: 9780624048947
R120,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Twee Lewens Van Dieter Ondracek - Andre Kruger

R150,00
Spoorwegingenieur Dieter Ondracek word Gerhard Weber nadat hy vlug uit die puin van Nazi-Duitsland. In Suid-Afrika bring twee dinge vir hom hoop op 'n nuwe begin: sy werk by die spoorwee, waar hy weer met sy geliefde "vlamdiere" kan werk, en die buurdogtertjie Kietie en haar ma Magda. Dan daag sy eertydse SS kollega Kurt Wolff op, met dreigemente en gerugte oor ODESSA en Sabine. Dieter/Gerhard besef dat sy verlede uiteindelik besig is om hom in te haal.
Product code: 9780798156721
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Verlore Onskuld : Suid-Afrikaanse Kinders Wat Moor En Roof - Chris Karsten

R195,00
Tien verhale oor Suid-Afrikaners op die drempel van hul lewe, wat hulle skuldig maak aan ernstige misdaad en moord. Dis stories van onverklaarbare geweld en ontsporing - van jongmense wat roof om die guns van ander te wen, van leerders uit vooraanstaande gesinne wat 'n hawelose man wreed om die lewe bring, van sestienjariges wat hul eie ouers en gesinslede koelbloedig vermoor. Daar word ook vertel van heldemoed en hoop klein Angeline Taljaard sing dapper in 'n musiekblyspel nadat haar gesin die vorige aand deur twee seuns, jonger as syself, vermoor en vermink is. Polities opgesweepte jeugdiges vermoor die Amerikaner Amy Biehl en baie Suid-Afrikaners en ook Amerikaners trek steeds voordeel uit haar nalatenskap.
Product code: 9780798148993
R195,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Helene De Kock Omnibus 12

R95,00
Abel se dogtersSoetwyn vir 'n Sondagkind
Product code: 9780798151726
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Susanna M Lingua Keur 13

R95,00
Tart my nie, MijnheerSuzette van VoltaireKaalbult se erfgenaam
Product code: 9780624048640
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Helene De Kock Omnibus 11 -

R75,00
'n Kind vir vier oude vrindeVolmaakte Versnit
Product code: 9780798151030
R75,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die skrywer - Esta Steyn

R99,00
Esta Steyn weet hoe om ons te laat lag en innig te ontroer.
Product code: 9780624054412
R99,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Sondebok - Irma Venter

R150,00
Ranna Abramson skuil van die gereg na die dood van drie mans na aan haar. As 'n guns aan die geheimsinnige Adriana de Klerk gebruik sy en Alex Derksen hul dekmantel as joernaliste om 'n aanval op 'n vrou onder Adriana se beskerming te ondersoek. Dit lei hulle na 'n skokkende ontdekking - 'n nuwe leidraad oor die verdwyning van 'n talentvolle matriekmeisie ses jaar gelede."
Product code: 9780798178693
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Onse Vaders - Karin Brynard

R320,00
In 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch loop 'n huisroof skeef. Die slagoffer se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek. Kaptein Beeslaar, op besoek aan die pragtige dorp, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar moet sersant Johannes Ghaap in Soweto gaan soek na 'n vrou en haar kind wat tydens 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word . . ."
R320,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Maansiek - Gerda Taljaard

R75,00
Die kortverhale in Maansiek verken ’n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike. As basis vir sommige verhale dien ’n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is. Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Product code: 9781919825908
R75,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Kltsgras - Bellingham

R50,00
Bellingan het nie ontsag vir heilige koeie nie. In haar brief aan meneer Mbeki vermeld sy: "Ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het." Kunstefeeste? Op plekke soos Afganistan, Irak en Aardklop sien jy dinge wat geen sielkundige kan regpraat nie. Dalk is dit hoekom sy 'n play wil skryf, Jakkals is ook die bliksem in. Sy onderskat ook nie die Engelse nie. Hulle het "'n reuserol gespeel in die ontwikkeling van die spoeltoilet". Scotland Yard soek steeds na haar nadat sy agterop 'n Nederlandse vrugtelorrie die land onwettig verlaat het. Advokaat Dubbel D lyk soos Saartjie Baartman wat op haar hande loop. En al dra die meeste mans in Kaapstad maskara en noem mekaar "dahling" is dit ten minste een plek in die land waar mans dink Patricia Lewis is 'n meubelwinkel op Drie Susters.
Product code: 9781869190590
R50,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Toewaaisand - Christoffel Coetzee

R50,00
By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woestyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai … en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikheid is.
Product code: 9781869190446
R50,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

BRANDENDE MAN, DIE -Van Rooyen, P

R50,00
Met Die brandende man beweeg Van Rooyen buite sy selfgevestigde tradisie van die Afrika-milieu. Twee Suid-Afrikaners begewe hulle na die Nevada-woestyn waar duisende mense elke jaar byeenkom vir ’n fees waartydens ’n sewe verdieping hoë man van rottang en neon ritueel verbrand word. Die mens se stryd bly egter teen homself; ’n tema wat al Van Rooyen se werk kenmerk. By die fees van die Brandende Man, waar die “juk” van beskawing afgegooi word, blyk die mens se grootste vyand die mens self te wees. Dit is veel meer as die Man wat vernietig word. Gaandeweg word droë humor deur ontnugtering en uiteindelik trauma vervang.
Product code: 9781919825687
R50,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Elke Mossie Wat Val - Kas van den Bergh

Original price was: R170,00.Current price is: R150,00.
Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.
Product code: 9781485302834
Original price was: R170,00.Current price is: R150,00.
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Geagte Skrywer: Briewe Aan 'n Verhaalredakteur - Engela Linde van Rooyen

R95,00
Geagte skrywer is ’n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het. Hierdie wenke oor die moets en moenies van skryf is van onskatbare waarde vir voornemende en publiserende skrywers.
Product code: 9781869190309
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Tuisland - Karin Brynard

R110,00
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
Product code: 9781415206935
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Onse Vaders - Karin Brynard

R125,00
In 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch loop 'n huisroof skeef. Die slagoffer se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek. Kaptein Beeslaar, op besoek aan die pragtige dorp, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar moet sersant Johannes Ghaap in Soweto gaan soek na 'n vrou en haar kind wat tydens 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word
Product code: 9780798158237
R125,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Plaasmoord - Karin Brynard

Original price was: R175,00.Current price is: R150,00.
Plaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos
Product code: 9780798151160
Original price was: R175,00.Current price is: R150,00.
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Twee vir 'n Stuiwer - W A Hickey

R200,00
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …” Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
Product code: 9781919825496
R200,00
Back to Top
Product has been added to your cart
Compare (0)