C J Langenhoven

C J Langenhoven
Cornelis Jacob Langenhoven (* 13 Augustus 1873 – † 15 Julie 1932) was ’n regsgeleerde, koerantredakteur en Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy het as skrywersname C.J. Langenhoven en Sagmoedige Neelsie gebruik. Sy rol in die Afrikaanse literatuur en kultuurgeskiedenis was formidabel. As Volksraadslid en senator speel hy ’n groot rol in die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal.


