Romanza 3-in-1: Ontwykende alleenloper; Liefde sonder voorbehoud; Kaapse draai - Botha; Winckler; Carstens
R50,00Product code: 9781776353798
R50,00
Kleine Paradys - Santi Neven
R65,00
Katryn soek nie ’n nuwe man nie. Sy is gelukkig om vir ewig Paul se weduwee te wees, al het hy haar hart gebreek. Die man wat langs haar plaas, Kleine Paradys, intrek, is egter nie net enige man nie. Nee, hy’s ’n sexy dokter wat niks van boer af weet nie en sy word gereeld na sy plaas ontbied om te kom help met ’n krisis. Axel weet sy beeldskone buurvrou het geheime, maar dit gaan hom nie afskrik nie. Hy het immers Soete Waters gekoop sonder om enigiets van boerdery te weet. Hy sal haar net moet oortuig dat hulle nie só verskillend is nie. En dat sy eerder vir hom moet kies as haar ander buurman. Dié mag dalk alles van die plaas weet, maar hy weet niks van vroue nie.
Product code: 9781776356829
Tussen Glas en Vag - Rina Cilliers
R65,00
Ansua Welthagen, ’n talentvolle glaskunstenaar, keer terug van Europa ná ʼn groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton, met loodglasvensters te versier. Om met ’n voertuig wat probleme gee voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ʼn krisis. Maar Ansua ken krisisse. Sy ken wel nie sukkelende, geleende bakkies nie, en nóg minder alpakkas. Sewefontein is nie meer die plaas van jare gelede nie. Dit is nou ʼn heenkome vir afvlerkhoendertjies, soos die aantreklike, bot alpakkaboer die mense daar noem. Wybrandt Naudé het ʼn sagte plek vir mense, maar hy sal dit nooit wys nie. Dis makliker om te maak of hy net omgee oor die bestuur van die plaas en sy adellike herkoms. Hy is wel nie apaties teenoor die mooi Tanya wat sy bruid wil word nie. Hy wil met alles in hom van haar ontslae raak en besluit Ansua moet hom help: sy moet sy kammaverloofde wees. Ansua word gou betrokke by die komplot om van die lastige meisie ontslae te raak, maar sy ontdek in die proses dat toneelspel diep emosies by ’n akteur kan ontketen.
Product code: 9781776351855
Weer Begin - Marle Cloete
R65,00
Anet Schreuder sal enigiets vir haar susters doen en laat haar dus by Reinet se troue teensinnig afpaar met Steve Turner, die een strooijonker. Sy is effens bevooroordeeld teen die Engelse, maar gelukkig hoef sy hom nie weer te sien nie.Impulsief besluit sy om ’n tydjie op haar nuwe swaer se plaas agter te bly, maar niemand het haar vertel Steve gaan die plaas vir die bruidspaar oppas solank hulle op wittebrood is nie. Nog minder kon dié dorpsjapies weet dat die droogte in die Karoo deur groot reën gebreek gaan word terwyl hulle onbepland saam op die plaas is. Hulle het ook nie noodwendig beplan om verlief te raak nie.
Product code: 9781776354962
Blom van sy hart - Marile Cloete
R65,00
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar Doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: ‘n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van ’n tuindiens wees en daarby ’n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op ’n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van ’n blom moet egter nie onderskat word nie.
Product code: 9781776358083



























































