Soeter as Nougat - Lizelle von Wielligh
R65,00
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en hy ʼn skokkende ontdekking agter in sy pa se Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het ‘n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?
Product code: 9781776352159
Liewe Lisa - Kristel Loots
R65,00
Lisa is ʼn liewe mens, ʼn ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ʼn mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Skietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam – hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Skietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Skietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in. As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ʼn goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ʼn leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.
Product code: 9781776352777
Sneeuvlokkies en Rooiwyn - Judy Troskie
R65,00
Amelia besef haar besluit om te gaan kyk waar haar wortels tussen die Rooiberge in die Noord-Oos-Vrystaat begrawe lê, is onverstaanbaar vir haar aangenome familie. Sy wil egter antwoorde gaan soek. Wie was haar biologiese ma regtig en waarom het geen familie haar probeer opspoor na haar ma se skielike dood toe sy nog ‘n baba was nie? Tussen die stofstrate van Clarens vind sy egter meer as waarop sy gereken het en verloor haar hart onverwags in die proses. Dirk word daardie iemand êrens wat sy so heldhaftig in haar dagboek aangeteken het, maar nooit gedink het sy eendag gaan ontmoet nie. Net jammer sy is nie seker waar “klitsgras Christie” in sy lewe pas nie.
Product code: 9781776352098
Meer as Blomme - Ilde Grove
R65,00
Sy liefde is soos die eerste lenteblom Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Product code: 9781776351673
Party dinge is vir altyd - Elsa Winckler
R65,00
Liefde is vir altyd. Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s’n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net ’n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.
Product code: 9781776351831
Liefdeslewe vir 'n Grotman - Ciska Olivier
R65,00
Olga is die bestuurder van Boskloof gasteplaas en sy sal die veld vir niks agterlaat nie. Nie eens vir haar verloofde, Stefan, nie. Al wie haar liefde vir die dorre bos deel, is die een man wat sy nie kan verdra nie: Lukas, die wildbewaarder. Die man wat haar haat. Die man met die mooi oë. Grotman. Rof en onbeskof, nes sy hond wat haar geliefde papegaai wil opvreet. Sy loop liefs wye draaie om hom om enige konfrontasie te vermy. Tog is daar oomblikke wat iets anders as afsku deur haar are vloei. Veral wanneer sy glimpe van sensitiwiteit in sy goudbruin oë sien as hy met die diere werk. Maar vir só ʼn man sien sy nie kans. Stefan is nie noodwendig opwindend nie, maar hy is veilig. Hy is ʼn enkele kers en nie, soos Lukas, ʼn vonk nie. En sy sal die vlammetjie van begeerte wat deur haar vloei wanneer Lukas na haar kyk gou moet blus voordat dit in ʼn veldbrand ontaard ...
Product code: 9781776351893
Om voor te begin - Magdaleen Walters
R35,00
In die harde korporatiewe wêreld en omring van ambisie en naywer, verstaan sy later nie meer haar hartsake nie.Wel, tot daardie naweek op die plaas ...
Product code: 9780799364002
3 in 1 Romanza - Alma Carstens, Nerine le Roux, Vera Wolmarans
R75,00
Die Aanbod - Alma Carstens; Sy enigste meisie - Nerine le Roux; Ongenooide droomkaper - Vera Wolmarans
Product code: 9780799385496
Liefde Sonder Hawe - Annelize Morgan
R50,00
Die jong Isabeau se lewe saam met haar ouers op die Franse platteland is nie idillies nie, maar daarvoor vergoed haar vriendskap met die skaapwagterseun Simon. Net voor Isabeau-hulle vir die soveelste maal na ’n ander dorp moet trek, sweer hulle twee trou aan mekaar, en Isabeau belowe dat sy sal terugkeer na Simon.Maar toe die noodlot ingryp, beland Isabeau op ’n seerowerskip, en daar bevind sy haar vir die volgende sewentien jaar van haar lewe. Sy word herdoop tot Solita, en met elke jaar wat verbygaan, vervaag haar hoop dat sy haar jeugliefde ooit weer sal sien en geluk saam met hom sal smaak. En toe die seerowerjagter Armand du Bois op die toneel verskyn, krap hy al haar toekomsdrome deurmekaar.
Product code: 9780624052692




























