Reading is a human right
Sort by:
Show
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Twaalf - 21.12.2012 Die Tyd Raak Min (Afrikaans) - William Gladstone

R95,00
Hierdie is 'n buitengewone en onvergeetlike roman oor 'n uiters ongewone en niksvermoedende held.
Product code: 9780620452427
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Dooies Leef (Afrikaans, Paperback) - S.D. Fourie

R180,00
Die dooies is nie onder die aarde nie. Hulle is in die geritsel van die bome." Hy kyk verras na haar. "Glo jy ook dat die dooies nooit finaal gesterf het nie?" Sy antwoord nie. Dit is nie waaroor sy vanaand wil gesels nie. Sy is al vir dae besig met die dooies. Sy wil net weer 'n slag perspektief kry. Helder dink. Hanna Bagiano is in twee verdeel toe sy meegedeel word dat sy dringend na Engeland moet reis. Haar ouma, Maryna Lourens, het afgesterf en die prokureursfirma in Londen moet Hanna se identiteit verifieer voordat hulle haar ouma Maryna se boedel kan afhandel. Hanna wou nog altyd reis, maar nou word hierdie reis betaal deur die ouma wat haar as kleinkind ontken en verwerp het. Die ouma wat gese het sy is nie 'n Lourens nie. En boonop sit sy met haar ouma Maryna en oumagrootjie, Sophie Lourens, se dagboeke. Toe sy dit begin lees, kom spook die verlede by haar: ou geraamtes klim uit die kas en Hanna kom te staan voor die Lourensvloek wat van nageslag tot nageslag oorgedra word ...Sal sy dit kan vryspring? Of sal die noodlot en die vloek ook haar en haar nageslagte tref? Alhoewel dit aanvanklik moeilik is, gee Hanna gehoor aan haar ouma se laaste versoek: Sy begin terugloop op die spore van haar voorgeslagte. Sy maak haarself ontvanklik vir die stemme van die verlede met die hoop dat sy die geheime van haar eie verlede sal kan ontsluit. En dalk, net dalk, vind sy self geluk wanneer sy die wense van die wat voor haar was, vervul. Commendatio deur Leti Kleyn: "Die leser word so gemaklik in Die dooies leef ingetrek, dat jy nie eers sien die bladsye raak minder en die einde kom nader nie."
Product code: 9781920654610
R180,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Pluimprinse - Malene Breytenbach

R260,00
After an attack in her house at Muizenberg Olivia Bailey decides to quit her job as journalist and travels to Oudtshoorn to meet her estranged grandmother.While getting to know her grandmother, who lives in a feather palace and still drives an old Rolls Royce Silver Ghost, Olivia begins to unravel her own history.This is a history entangled in the feather boom, a time of power and wealth. Pluimprinse tells a story of the difficult relationship between Jew and Boer, unobtainable love and how our choices in life influence the lives of future generations.
Product code: 9780624048251
R260,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Lief vir jou - Bernette Bergenthuin

R45,00
Willemien gaan nie met die man trou wat haar statusbewuste ouma en oupa vir haar uitgesoek het nie! Sy gaan ook nie haar sangloopban prysgee nie ...IMPORTANT NOTICE: Before you add your item to the cart please register. This will give you login details and you will enter our 3d secure system for the shopping cart. To register see MY ACCOUNT in the top menu bar.  
Product code: 9780799348705
R45,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Flenters vir Lint - Bernette Bergenthuin

R45,00
Van Christiaan sou Katinka vergeet, sy sou hom uit haar hart werk ... en nou is sy terug op Stellenbosch en verloof an Hannes Swartz, die een man teen wie Christiaan haar gewaarsku het .. IMPORTANT NOTICE: Before you add your item to the cart please register. This will give you login details and you will enter our 3d secure system for the shopping cart. To register see MY ACCOUNT in the top menu bar. 
Product code: 9780799348583
R45,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Stiletto's Van Staal (Afrikaans, Paperback) - Bernette Bergenthuin

R215,00
Eendag, lank gelede toe klokbroeke soos kleefplastiek aan ordentlike jong mans se lywe geklou het en Abba Springbokradio aan die brand gesing het, het Boet Beauman die mooie Maria in Barcelona ontmoet. Nou, byna vyf en dertig jaar later, regeer Boet die Beauman sy vrou en die drie produkte van hul huwelik met ’n arm wat maklik draai vanuit sy Italiaanse teelmaatskappy se besturende direkteurstoel.
Product code: 9780799371291
R215,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Viva La Vida (Afrikaans, Paperback) - Bernette Bergenthuin

R150,00
Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou. Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met ’n meisie wat in alle opsigte die Barbie-model ’n treetjie voor is, is dit sy saak. Dit is wel hinderlik dat sy as “best woman” ’n tuxedo-aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou. Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar. Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie. En die man is regtig ’n vangs, as sy nou eerlik wil wees.Terwyl haar beroepslewe as argitek ook ’n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op: haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, ’n ramparty haak ampertjies uit en ’n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge.As daar ooit ’n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik. En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.IMPORTANT NOTICE: Before you add your item to the cart please register. This will give you login details and you will enter our 3d secure system for the shopping cart. To register see MY ACCOUNT in the top menu bar.
Product code: 9780799378566
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Als oor kop (Afrikaans, Paperback) - Bernette Bergenthuin

R215,00
CC is ’n modeontwerper wat haar verset het teen haar pa se wens dat sy ’n boer moet word. En die beeldhouerbuurman wat haar pa as vennoot in haar erfdeel benoem, smokkel met CC se kop.IMPORTANT NOTICE: Before you add your item to the cart please register. This will give you login details and you will enter our 3d secure system for the shopping cart. To register see MY ACCOUNT in the top menu bar.
Product code: 9780799361537
R215,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Hoe Tjert Tert geword het en so en goeters - Herman du Plessis

R120,00
Seker die mees bekende is: TERT SE KERSFEES STORIEEk brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.
Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte...'n Lekker lees, lekker lag boek.   
Product code: 9780620476850
R120,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Elim - Helena Hugo

R195,00
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hom liefhet, en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom. Onderlinge struwelinge is daar wel nog, tog lyk dit asof hierdie verbintenis ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui.
Product code: 9780796319722
R195,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Genade! EdeLAGbare: Humor en die hof - Ian Wessels

R255,00
In Genade! EdeLAGbare oortref Ian Wessels en die RSG-luisteraars hulself met lekkerlag en lekkerlees hofhumor wat beslis in almal se smaak sal val. Regters, landdroste, staatsaanklaers, advokate, prokureurs, tolke, polisiemanne, spietkops, getuies en almal wat al paaie met die hof gekruis het, is gewillige “slagoffers” van die skreeusnaakse bydraes.Ian Wessels and the RSG listeners outdo themselves with the hilarious and fun court humour in Genade! EdeLAGbare. Judges, magistrates, prosecutors, advocates, attorneys, translators, policemen, traffic police, social workers, witnesses and all the people involved at court rooms, are the willing ‘victims’ of these comical contributions.
Product code: 9780799379655
R255,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Moord op Karibib - Isa Konrad

R215,00
Die aand toe Alet op Karibib aankom, bereik haar lewe ‘n nuwe laagtepunt. Daar was ‘n paar. Haar pa se siekte, haar loopbaan wat agterweë gebly het, nog ‘n mislukte verhouding. Dis moord om weer haar pad te vind. Letterlik.The night Alet arrives at Karibib, her life reaches a new low. There have been a few other lows. Her father’s illness, the career she gave up, yet another failed relationship. It’s murder trying to find her way again. Literally.
Product code: 9780799381825
R215,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

'n Huis vir Nadia (Afrikaans, Paperback) - Dalene Matthee

R75,00
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na 'n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle 'n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk. "Shame," het 'n vrou gese. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy's my boetie." Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag 'n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer 'n plekkie in die lewe te vind, 'n veilige hawe. Maar wat maak 'n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra - soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al se Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit 'n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.
Product code: 9780624044383
R75,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Wonderdokter - Heinz G Konsalik

R150,00
In die polities woelige China van die tagtigerjare raak 'n jong mediese student, halsoorkop verlief op die mooiste Hoeand Lida, maar ...
Product code: 9780624034056
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Promenadedek - Heinz G Konsalik

R125,00
Aan boord die weeldeskip MS Atlantis word toerbestuurder Riemke deur ontstelde mans verskree en deur huilende vroue oorval."Dit sal alles opgeklaar word, dames en here, bedaar net ..."
Product code: 9780624027911
R125,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die lente-leuenaar - Konsalik

R195,00
Wie hou nie van Konsalik nie?
Product code: T001
R195,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Skrywer (Afrikaans, Paperback) - Esta Steyn

R99,00
Op ’n stil aand, in ’n herehuis langs ’n meer, dans ’n jong vrou in ’n verruklike rooi aandrok met haar werkgewer, Arthur Addington – befoeterde, eens beroemde Amerikaanse draaiboekskrywer en onbeminde eienaar van die Addington-landgoed.Nooit sou Arthur, worstelend met skrywersblok en wroegend oor die dood van sy vrou en kind, kon raai dat sy stralende dansmaat soveel geheime ronddra nie. Dat Anabella Maria Bennett, kortom Ben, g’n huishoudster is nie, maar ’n joernalis en ’n sendelingdogter uit Afrika. Dat hy haar lank gelede dáár ontmoet het . . .Daar is ’n somber rede waarom Ben haar hart nie blootlê nie, maar eerder saans haar eie verhaal skryf: van die Swahili-wiegelied wat haar kleintyd getroos het, die wyse Kepo wat haar leer boogskiet het, van Paka, haar grootmaakleeu, en van haar en Kepo en dokter Catherine Dumay se ylingse vlug na Bulungwi . . . Slegs Jameson, opsigter by Addington, en sy “Lucy-lief’’ begryp. Hulle word haar vertrouelinge en wakende engele.Wanneer Arthur gehawend terugkeer ná ’n reis deur Afrika, vind hy in sy lessenaar ’n manuskrip wat sy lewe sal verander en hom sy skeppende krag teruggee: Anabella se Afrika-testament.Die Skrywer is ’n aangrypende, eg menslike verhaal met dramatiese Afrika-uitlopers. Met groot deernis maar ook met salwende humor deur Esta Steyn geskep.
R99,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Koning se Wingerd - F A Venter

R150,00
Product code: 0624020924
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Gelofteland - F A Venter

R165,00
Met (Gelofteland, sy derde roman oor die Groot Trek), bereik Venter die hoogtepunt, nie net in die historiese lyn nie, maar ook in sy siening en beelding. Strak, onmiddellik, dramaties ontvou die gebeurtenisse wat so ‘n ingrypende uitwerking op die geskiedenis van die Afrikaanse volk gehad het. Na die moord op Pieter Retief en die verskrikking van die Bloukransmoorde heers daar onder die Trekkers verslaenheid en vertwyfeling. By Italeni word ‘n Trekkerkommando die eerste keer verslaan. Hongersnood, siekte, dood, elke oomblik die vrees dat die Zoeloes sal kom, want elke dag sak die waters van die Tugela laer en laer. Selfs die natuur word blykbaar ‘n vyand wat hulle wil vernietig, En daar bly geen leier oor nie. Retief is dood. Uys is dood. Maritz is dood. Hendrik Potgieter het teruggetrek oor die Berg en baie het hom gevolg. Het dit dan nog enige sin om te bly hoop en glo dat hierdie land tog hul erfdeel is, hul bedoelde land? Dit is die vraag wat in die hart van menige Trekker gespook het om ‘n antwoord. Dit is die vraag wat Rudolf Dreyer tot op die rand van algehele wanhoop bring. Maar toe die nuus: Andries Pretorius, die man van die Sneeuberg, kom. ‘n Fyn militaris wat die aanval tot in die kleinste besonderheid kan beplan, maar’ook ‘n man wat wéét dat menslike venuf alleen niks sal vermag teen die oorweldigende oormag nie.9 Desember. In die skroeiende somerson staan ‘n groepie mans met ontblote hoofde om die hulp van die Allerhoogste af te smeek en om gelofte aan Hom te doen. As Hy hulle die oorwinning gee, sal hulle die dag aan Hom wy en ‘n tempel tot Sy eer bou. En die wonder gebeur. Die slag van Bloedrivier. Die slag van die Wit-Umfoloos. Tussen die verbleikte beendere op Moordkoppie die traktaat met Dingaan. Die land Natalia behoort aan hulle, die Emigrante-Boere.Gelofteland is die onvergeetlike verhaal van een van die grootste momente uit die Afrikaanse geskiedenis. deur die oë en beleefnisse van hulle wat dit meegemaak het. Dit is bowenal die verhaal van menslike angs, twyfel en loutering en uiteindelike vreugdevolle begrip. 
Product code: LITT000435
R165,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Offerland - F A Venter

R150,00
Ander romans deur F A Venter: Swart PelgrimMan Van CireneGeknelde Land
Product code: 0624006204
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die Ander Marta (Afrikaans, Paperback) - Eleanor Baker

R120,00
Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die "dienende Marta" wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geinisieer) geleidelik bevry word. Die Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in 'n "gebonde" situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van 'n emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het.
R120,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

'n Oomblik in die Wind - Andre P Brink

R150,00
Product code: 9780798126656
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Desembers - Petra Müller

R130,00
Product code: 9780624045519
R130,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Tryna Du Toit Omnibus 5

R65,00
Huis van die purperwindeHermina se bedrogVerdwaalde Liefde
Product code: 9780798151894
R65,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Wals met Matilda - Dan Sleigh

R125,00
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
Product code: 9780624051466
R125,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Christine Le Roux Omnibus 10

R75,00
Verborge liefde; Liefdesvallei;Uitdraai na Ukuthula; 'n Hele nuwe mens; Tot in Ewigheid 
Product code: 9780798149143
R75,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Bitterwater en Soetdoring Omnibus - Margaret Bakkes

R75,00
'n Diep menslike liefdesverhaal wat oor twee generasies strek.
Product code: 9780798147538
R75,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Ena Murray Omnibus 26 - Skaduwees Van Gister / Die Geleende Bruid / Bruid Van Die Heerengracht (Afrikaans, Paperback)

R95,00
Liefde is 'n plantjie wat vertroetel en gevoed meot word. Selfs liefde kan nie op niks lewe nie.
Product code: 9780624048688
R95,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Reuk Van Die Dood (Afrikaans, Paperback) - Riana Mouton

R110,00
Iemand is besig om jong vroue in Gauteng te ontvoer en te vermoor. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor.Junior Scheepers is die speurder wat hom moet vang, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en indien hy nie daarin slaag om by sy eie donkerte verby te kom nie, gaan hierdie moordenaar nog heelwat skade aanrig.
Product code: 9780799342406
R110,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Anderkant Pontenilo - Irma Joubert

R110,00
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
Product code: 9780624047018
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Die son kom aan die seekant op - Jeanette Ferreira

R130,00
Die epiese tog van Louis en Martha Tregardt van die Kolonie tot by Delagoabaai
Product code: 9780798148825
R130,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Boerumoer - Oom Gysbert Se Dorpstories (Afrikaans, Paperback)

R100,00
Die verteller in hierdie verhale, Oom Gysbert, se stories speel af op plase en dorpe in die Karoo. Die skrywer skep spanning met ingehoue humor en die verhale eindig dikwels op verassende wyse. Hy vertel van die eenvoudige Boggie wat in die hospitaal begin boer het sodat hy vroegtydig weet wanneer die volgende begrafnis gaan plaasvind. Dan is daar ook die suinige tant Geesie wat haar suiker in die vallei van 'n duisend heuwels van haar boesem bewaar. En die dag van die mampoernagmaal.
Product code: 9780798152433
R100,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Willem Poprok (Afrikaans, Paperback) - Derick van ver Walt

R150,00
Die Van Vuurens van Pretoria besit die Blou Bul Slaghuis in die Mall. Daar is drie seuns en 'n laatlam-sussie. Die hoofkarakter is die jongste seun, Willem, wat 'n besondere band met sy jonger sussie het. Ondanks druk van sy pa om as rugbyspeler uit te blink, wil hy eerder kunsklasse loop. Hy is ook verlief op Oom Ravi, sy pa se vennoot, se dogter Alesea.
Product code: 9780624049166
R150,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Ena Murray Keur 8 (Afrikaans, Paperback)

R195,00
In Gasheer van Drakeneiland nooi ’n miljoener vyf vreemdelinge na sy eiland, maar dit word ’n nagmerrie. Kan Irma Bruwer vir Anton de Woud vertrou of werk hy saam met hul gasheer? In Die droster van Doringbaai ontwikkel spanning by Sebastiaan Stadler se visfabriek. Verpleegster Petra Pelser volg hom een nag toe hy verdwyn . . . In Net na middernag word ’n prokureur op Driedoring vermoor. Saam met die speurder leer ons die dorpenaars ken, insluitende Marie Grebe wat versot is op speurverhale.
Product code: 9780624074045
R195,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Doodskoot - Francois Bloemhof

R220,00
Dit gaan nag raak in die Swartland ...Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is 'n aand, 'n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie. Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, 'n ryk sakeman, om in gietende reen sy motor se gebarste band om te ruil. Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie - sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin 'n dodelike jong vrou se kop vol planne op 'n vreeslike einde kan afstuur. Doodskoot is 'n boek vol versoeking, geheime, oeverblindery en konfrontasie deur 'n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.
Product code: 9781485903086
R220,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Goud Kan Nie Roes Nie Paperback Afrikaans - Paul-Constant Smit

R230,00
Con Slaughter – myningenieur, rewolwervegter en avonturier – maak sy fortuin tydens die goudstormloop op Barberton, meer as ’n millennium nadat die koningin van Skeba ’n ekspedisie na die suide van Afrika gestuur het. Verstrengel in ’n komplot tussen Engeland en Duitsland wat die verloop van die geskiedenis kan verander, vrees Slaughter egter heeltyd ’n koeël in die rug. Hy vind vir ’n wyle vrede in die arms van sy Lorelei, maar Britse en Duitse Militêre Intelligensie trek die strop al nouer.
Slaughter leef op ’n mespunt: van ’n amperdood deur wilde diere tot die gruweldade van die Boereoorlog. Die veld van Afrika is onverbiddelik, en dit is hier waar hy tot die uiterste beproef word.
Paul-Constant Smit se Goud kan nie roes nie is ’n meesleurende avontuurverhaal vol aksie, intrige en passie vir ’n vervloë tyd.
Product code: 9781485903253
R230,00
Added to Wishlist
Added to Wishlist
See your favorite product on Wishlist

Agter Maskers - Marijke Greeff

R95,00
Ná ’n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar ’n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan ’n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in ’n dameskroeg as hy eintlik ’n opgeleide predikant is? In ’n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In ’n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.
Product code: 9780799382464
R95,00
Back to Top
Product has been added to your cart
Compare (0)