The Lone Ranger - Fran Striker
R250,00
Based on the famous Lone Ranger adventures created by Geo W Trendle
Product code: LIT0096
Klipgooi - Francois Bloemhof
R65,00
Bloemhof se 21ste amptelike publikasie
Product code: 9780798139632
Bloedbroer - Francois Bloemhof
R50,00
'n Hoogs intelligente spanningsverhaal.
Product code: 9780624033882
Die verdwyning van Billy Katz - Chris Karsten
R150,00
Moordspeurder Ella Neser is terug ...
Product code: 9780798171076
Die Vierde Stem - Francois Bloemhof
R95,00
Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind ...
Product code: 9780798168274
3 in 1 Romanza - Alma Carstens, Nerine le Roux, Vera Wolmarans
R75,00
Die Aanbod - Alma Carstens; Sy enigste meisie - Nerine le Roux; Ongenooide droomkaper - Vera Wolmarans
Product code: 9780799385496
3 in 1 Romanza - Dirna Ackermann, Dina Botha, Marietjie Welgens
R75,00
Liefdestango - Dirna Ackermann; Die Nuwe Vennoot - Dina Botha; Papierpop - Marietjie Welgens
Product code: 9780799385779
3 in 1 Romanza - Thea Holland, Serena Steyn, Salome Schutte
R75,00
Se Ja - Thea Holland; Waterprins - Serena Steyn; Onthou my - Salome Schutte
Product code: 9780799385755
Daisies vir my Liefling - Corhard
R50,00
Ouma Klaradyn kyk glimlaggend deur haar kamervenster ....
Product code: 9780799339260
Die ander vrou - Kristel Loots
R125,00
Linda is daardie vrou wie se kant van die saak selde gestel word: Sy is "die ander vrou"....
Product code: 9780799359374
Fontein vir 'n vlugteling - Helena Hugo
R125,00
Waar verandering nuwe liefde bring
Product code: 9781415312803
Haar ma se kind - Helena Hugo
R95,00
"Helena ken mense. Sy raak harte aan met eerlike karakters en egte stories." Christelle Webb-Joubert
Product code: 9780796318602
Die Afreis van Abel Lotz - Chris Karsten
R130,00
Wanneer 'n bottel met onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella sy is weer op Abel se spoor ...
Product code: 9780798156400
'n Man van min belang - Chris Karsten
R120,00
Naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012
Product code: 9780798157766
Plesierengel - Leon van Nierop
R195,00
'n Nuwe aangepaste weergawe van Leon van Nierop se 1998-blitsverkoper, onbevange en onbevrees vertel.
Product code: 9780624064718
Christine le Roux Omnibus 3
R110,00
Die Ontbrekende helfte;Liefde uit die storming;Teesinnige erfgenaam.
Product code: 9780798141987
Die Respektabele Meneer Hartslief - Chris Karsten
R160,00
Die Hartslief-clan van Brixton raak slaags met Johannesburg se King of Sleaze
Product code: 9780798167840
Wittebroodkorsies ... met jem - Johan Symington
R75,00
Gebore uit die Wiitebroodkouseltjieprojek, lekker lees me humoristiese illustrasies deur Fred Mouton.
Product code: 9780799331288
Slagyster - Rudie van Rensburg
R175,00
"Vandag se rebelle is more se regering. En andersom. Dis hoe Afrika werk."
Product code: 9780795800627
Kopskoot - Rudie van Rensburg
R145,00
'n Vars bries en 'n lekkerlees-stem in Afrikaanse misdaadfiksie. - Deon Meyer
Product code: 9780795800771
Afstande - Dan Sleigh
R275,00
Afstande is n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte, dit is 'n verhaal van verraad en broedermoord ....
Product code: 9780624049098
Bidsprinkaan - 'n ware storie - Andre P Brink
R150,00
Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring. In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.
Product code: 9780798146517
Getuie - Christine Barkhuizen Le Roux
R100,00
Die selfmoord van haar kleintydse vriendin, Mignon, laat Maggie McKairn met meer vrae as antwoorde. Wat het met Mignon gebeur in die jare wat hulle mekaar nie gesien het nie wat haar so bitter gemaak het dat sy nie meer kans gesien het om te lewe nie? En waarom het Mignon se familie alle kontak met haar verbreek? Op skool moes Maggie en Mignon pouses op hul eie speel en die spot van die ander kinders trotseer. Maggie omdat sy die streng skoolhoof se rooikopdogter is en Mignon omdat sy 'n Jehova-getuie is. En Maggie weet uit eie ervaring hoe ongenaakbare dissipline ’n kind lewenslank kan knou. Voor haar dood het Mignon vir Maggie gevra om ’n vrou in die tronk te gaan opsoek. Bea Mostert, ook 'n Jehova-getuie, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onmenslike daad. Wat in die Mignon en Bea se lewens het hul tot sulke uiterstes gedwing?
Product code: 9780798157070
Inboekeling - Hans du Plessis
R120,00
He was dragged onto the yard by a thong. A boy. A stranger. Off balance on his clumsy feet, the floppy hat pulled down low over his jug ears, red in the face because of the thong around his neck. The people gawking at him were not used to strangers. Here where they stay no-one has lived before. Their leader led their trek here more or less six years ago, dug the heel of his velskoen into the ground, made a possessive sweep with his big hand and declared the area his property. Here his word was law. The pastor confirmed his authority through the Bible. Also over the indentured, those children brought back to the laager after punitive raids against the indigenous people. The fathers and mothers were shot –stock thieves surely, all of them – and the children were carried away to be reared as slaves.The indentured.The boy on the rope sees a black girl staring at him from under the peak of a bonnet. Only later, locked up in a smithy, will he discover who and what she is. And when he is taken along on an expedition to recapture stolen stock, he is confronted with the horrid reality of her life: a child who was snatched from between the corpses of her parents and carried away on the saddle of a horseman.And it will be this simple boy, dragged onto that trekkers’ yard by a thong, who will bring it home in that godforsaken hinterland that there is no bond as durable, no rope as strong, as the commitment a heart makes.
Product code: 9780624069355
Emma en Nella (Roman) - Ekm Dido
R95,00
Emma maak 'n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath. Lank gelede sou sy met Gert trou, maar sy pa laat hom uit die kerk storm en die mislukte troudag maak haar hard en onverskrokke. Daar is nie keer aan haar toe sy besluit om later vir Nella aan te neem nie – 'n baba met Fetale Alkoholsindroom wat sy langs 'n snelweg kry. Nou is Nella twaalf en met tik deurmekaar. Maar tussen Nella en die afgrond staan Emma. Na 'n hellevaart waarin die kind vir sewe dae spoorloos verdwyn het, neem Emma en Gert haar na 'n reabilitasiesentrum in Port Elisabeth. Op pad terug kom Gert se verlede aan die lig en slaan Emma se verhaal 'n heel nuwe koers in.
Product code: 9781415201206
Karretjiemense - Carol Campbell
R120,00
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.
Product code: 9781415201855
Oom Kootjie Emmer (Afrikaans) - Andre P. Brink
R165,00
Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai. Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.
Product code: 9780798151450
Philida (Paperback) - Andre Brink
R195,00
The year is 1832 and the Cape is rife with rumours about the liberation of slaves. Philida is the mother of four children by Francois Brink, the son of her master. Francois has reneged on his promise to set her free and his father has ordered him to marry a white woman from a prominent family, selling Philida on to owners in the harsh country in the north. Unwilling to accept this fate, Philida tests the limits of her freedom by setting off on a journey. She travels across the great wilderness to the far north of Cape Town - determined to survive and be free. This title is longlisted for The Man Booker Prize 2012.
Product code: 9780099578758
Valsrivier (Afrikaans) - Dominique Botha
R145,00
“Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet. Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.
Product code: 9781415207468
Die Verdwyning Van Mina Afrika (Afrikaans) - Zuretha Roos
R150,00
Op 'n dag staan Gert Afrika met die kleuter op sy arm voor die agterdeur van die gegoede blanke boer. "Ek kan nie lat sommer enigiemand na my kind kyk nie, baas! Baas ken die spul! Dis heeldag dronknes en messteek...Sy's al wat ek oorhet van my eie, baas! Kyk net watse mooie kind is sy!" En so word die driejarige Mina Afrika die aanneemkind van die kinderlose Erik en Sara de Graaff. Hulle wil haar graag 'n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed. Hier is Mina se storie, die suksesvolle debuutroman van Zuretha Roos. Oor die boek se Riana Scheepers: "Die verdwyning van Mina Afrika is eerstens (en laastens) 'n wonderlike storie. Dit is 'n verhaal met 'n verlossende, gelukkige einde; dit is vol menslike deernis; dit betrek die oer-temas en vraagstukke; dit teken 'n lewendige prentjie van 'n amper vergete Distrik Ses; dis deel van ons kollektiewe geheue - 'n boek wat alles het waarna die Afrikaanse leser dikwels vra." Lees ook die opwindende vervolg: Die tuiskoms van Mina Afrika.
Product code: 9780624033288
Eenoogkoning - Malene Breytenbach
R65,00
Salome Binnemans beleef vier oorloë: die Boereoorlog, die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Eenoogkoning is ’n verhaal van liefde, verlies, swaar keuses. Lank domineer die eenoogkoning haar lewe, maar sy is ’n vrou wat terugveg.Hierdie historiese roman neem die leser terug na die draai van die vorige eeu, na ‘n tydperk van oorloë en ontwrigting. In hierdie tyd is die geskiedenis geskryf deur koloniale magte wat eers in Suidelike Afrika en daarna in die Eerste Wêreldoorlog die grense van lande en klein volke verskuif of uitgewis het.
Product code: 9781920518271
Swart Op Wit (Afrikaans) - Annelie Botes
R260,00
My dinkgoed het deurmekaar geraak, se Annelie Botes. 'n Aantal jaar gelede het 'n mediastorm om die Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was 'n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy ken: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Sy doen dit vir haar kinders en hulle kinders se kinders. "Want niemand op aarde wil spoorloos die langleer klim nie," se sy. Tussenin lees ons ook hoe die toe al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriel aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg die twee saam. Moeiteloos glip sy tussen kontrasterende stories: jongliefde, oumensliefde, tye toe die liefde ontbreek het. Soms lag sy uit haar agterkeel oor Basjan-kat wat sy gebied op haar skoot gemerk het, ander kere sak sy gebroke op haar kniee neer oor Jabu se rooi baadjie ..."Ek sukkel met die lewe," se sy, "niks kom ooit vir my maklik nie. Maar ek hou nooit op om te probeer nie. Die jimmele weet ..."
Product code: 9780992176464
eMajuba (Afrikaans) - Dawie Louw
R160,00
Pragtige Nelia word deur sakeman Boris de Beuck verkrag. Maar skielik is daar sprake van 'n video wat glo bewys dat Nelia vrywillig betrokke was. Woedend besef sy dat magtige Magda, Boris se ma, agter die skerms konkel. Nelia neem reg in eie hande en as IT-spermuur spesialis, sit sy met 'n dodelike troefkaart. Ook kry sy hulp van vreemdeling Retief Boshoff wat vermoed dat haar saak verband hou met 'n voorval uit die tweede Vryheidsoorlog, 111 jaar gelede. Moeksie, Retief se grootouma, was toe ook 'n slagoffer van 'n verkragting. En die verdagte? Sep de Beuck, Boris se grootoupa. Om alles te kroon, was Sep 'n joiner wat openlik met Kakie geheul het. Maar daar's 'n kinkel. 'n Kakie-soldaat was daardie stormagtige nag ook op die plaas en Moeksie kon nie haar aanvaller eien nie. Al wat sy in die weerlig kon sien, was iets soos 'n geboortevlek op die man se maag. Op soek na die man met die vlek, delf Retief en Nelia diep in die twee families se voorgeskiedenis; vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto We Sizwe in die 70's, tot en met die Kerkstraat-bomaanval in 1983. Retief skryf verbete aan sy familiegeskiedenis, onder andere oor die Boshoffs se eed om wraak op die De Beucks te neem. Nelia besef Retief sit in sy eie manuskrip vasgevang en vermoed dat dit die einste eed is wat hom so in die verlede hou. Daarenteen het Nelia, as weggooikind, geen idee wie haar voorsate is nie.
Product code: 9781920654634
Die Stormsee Swyg (Afrikaans) - Annemarie J. Pieterse
R160,00
Helmuth Gunther, die aantreklike baas van Gunther en Vennote, styg met sy Cessna net buite Reniersburg in die Karoo op. Hy is opgewonde om 'n grondtransaksie in die Weskus te gaan beklink. 'n Verskriklike windstorm laat sy vliegtuig egter neerstort in 'n bloekombos. Die harde kopstamp wat Gunther opdoen, vlek die donker gange van sy jarelange geheueverlies oop. 'n Dramatiese reddingspoging laat hom in Reniersburg se hospitaal uit sy bewustelose toestand wakker word waar sy staatmakersekretaresse, Lanie de Wet hom besoek. Langs Gunther se hospitaalbed loop sy haar egter vas in allerhande onthoubeelde wat by Helmuth begin opkom en sy begin besef...die man op wie sy verlief is, is dalk iemand anders. In hierdie tyd is inspekteur Leander Fourie, die nuwe bevelvoerder van Kransbaai se polisiestasie, juis besig om al die onafgehandelde dossiere van sy voorganger, deur te werk. Toe die briewetas van Helmuth Gunther uit die Cessnawrak gehaal word en sy identiteit plus 'n vroeere foto van hom daarin gekry word, wek dit die speurinstink by inspekteur Fourie teen 'n spoed op. Want in een van die onafgehandelde dossiere le daar 'n identiese foto wat net 'n jonger weergawe is van die bloekombos se slagoffer. Dis egter 'n foto sonder die wondmerke aan die gesig en onder 'n ander naam. Hoe onvoorspelbaar, hoe diep en hoe lank kan 'n stormsee sy geheime bewaar?
Product code: 9781920654580







































