BRANDENDE MAN, DIE -Van Rooyen, P
R50,00
Met Die brandende man beweeg Van Rooyen buite sy selfgevestigde tradisie van die Afrika-milieu. Twee Suid-Afrikaners begewe hulle na die Nevada-woestyn waar duisende mense elke jaar byeenkom vir ’n fees waartydens ’n sewe verdieping hoë man van rottang en neon ritueel verbrand word.
Die mens se stryd bly egter teen homself; ’n tema wat al Van Rooyen se werk kenmerk. By die fees van die Brandende Man, waar die “juk” van beskawing afgegooi word, blyk die mens se grootste vyand die mens self te wees. Dit is veel meer as die Man wat vernietig word. Gaandeweg word droë humor deur ontnugtering en uiteindelik trauma vervang.
Product code: 9781919825687
Elke Mossie Wat Val - Kas van den Bergh
Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.
Product code: 9781485302834
Geagte Skrywer: Briewe Aan 'n Verhaalredakteur - Engela Linde van Rooyen
R95,00
Geagte skrywer is ’n keur uit die briewe wat sy as verhaalredakteur aan skrywers geskryf het wat verhale aan haar gestuur het. Hierdie wenke oor die moets en moenies van skryf is van onskatbare waarde vir voornemende en publiserende skrywers.
Product code: 9781869190309
Tuisland - Karin Brynard
R110,00
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
Product code: 9781415206935
Onse Vaders - Karin Brynard
R195,00
In 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch loop 'n huisroof skeef. Die slagoffer se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek. Kaptein Beeslaar, op besoek aan die pragtige dorp, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar moet sersant Johannes Ghaap in Soweto gaan soek na 'n vrou en haar kind wat tydens 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word
Product code: 9780798158237
Plaasmoord - Karin Brynard
Plaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos
Product code: 9780798151160
Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal : Dis Ek, Anna & Die Staat Teen Anna Bruwer- Anchien Troskie
R100,00
A special edition to celebrate the film based on It’s me, Anna and The state vs Anna Bruwer. The omnibus contains both novels. She called herself Silent Anna, because she couldn't tell anyone about what happened between her and her stepfather.This is the story about how she finally broke the silence and told her story to the world and in court. Based on a true story. Also available in Afrikaans as Dis ek, Anna and Die staat teen Anna Bruwer
Product code: 9780795707490






