Boheem
R260,00
Boheem is die derde spanningsroman in die Gys Niemand-reeks
Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia.
Op die dag van haar egskeiding, ontdek Katrien Bresselaar haar man se verminkte liggaam onder verdagte omstandighede. Sy word voor die reg vrygespreek van die moord, maar niemand dink sy was onskuldig nie.
Toe sy dus drie jaar later by die kunstenaarskolonie, Bohemia, aankom en vir die tweede keer in haar lewe op die liggaam van ʼn vermoorde afkom, is daar baie vingers wat na haar wys. As sy immers een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?
Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.
’n Rustige hawe vir kunstenaars is Bohemia allermins. Anne Lockwood haar met ‘n klomp kreatiewe mankes omring en so ‘n prutpot geskep wat die een of ander tyd moes oorkook.
Gys Niemand en Fortuintjie, Niemandsdorp se beste speurspan wat die skuldiges in Springgety en Fortuin aan die pen laat ry het, kan maar net toekyk, want hulle mag nie betrokke raak nie. Totdat Gys besluit om verlof te neem en Vrystaat toe te gaan om Katrien Bresselaar alias Kayla Cilliers, finaal aan die pen te laat ry.
Boheem was in 2010 ’n finalis vir die ATKV se Veertjie toekenning in die spanningsroman kategorie. Nog twee Gys-boeke volg in Springgety, Fortuin en Boheem se voetspore, naamlik Meetsnoer en Dryfhout.
Product code: 9780799344646
Wildernis - Wilbur Smith
R280,00
Die Eerste Wêreldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. Wildernis is die vertaling van A Sparrow Falls, die derde boek in die gewilde Courtney-trilogie.
Product code: 9780795801242
Die leliemoordenaar - Lerina Erasmus
R260,00
Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?
Product code: 9780798174213
Syferfontein - Cas Wepener
R220,00
Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met ’n ysterhand bestuur. Ná die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas.
Product code: 9781485306887
Lenteliefde - Kristel Loots
R45,00
Na haar egskeiding moet Aloma Viljoen toesien hoe haar seun na matriek onder die dinamiese Kobus Erlank se invloed Londen toe verkas. Aloma het haar voorgeneem sy sal nie soos ander vroue aan Kobus se voete gaan le nie, al is sy hoe eensaam. Maar sy sjarme is so onweerstaanbaar dat sy verbete daarteen moet veg. Kan sy die man vertrou?
Product code: 9780799333961
Springgety - Chanette Paul
R260,00
Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis ’n plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom herhaal nie. Kort na haar aankoms eis Springklip, die hoe krans waar reeds vier kruise staan, nog ’n lewe. Nog iemand wat gespring het. Of gestamp is. Dalk deur Lily self in een van haar vergeettye. Dalk groot, beneukte Ben? Of beskerm Ben vir Kassie, sy verstandelik gestremde broer? En wat is dit aan Kruisbaai dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die visvrou, Annie Niemand, se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of net die eensaamheid van ’n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan weer daardie kant toe sleep?
Product code: 9780799381108
Meetsnoer, boek 4
R130,00
Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry die profeet Sias van die Meetsnoer Tempel se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie. Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar vermoed spoedig haar eie is dalk wel.
Product code: 9780799347234
Offerande
R275,00
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy Cesar, die moordenaar, se gene? Die kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en so die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit? Kommissaris De Brabander is 'n opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes – die keer vir die moord op een van haar agtervolgers. Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe die uit Belgie aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie. Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.
Product code: 9780799381320
Die Dood Van 'n Goeie Vrou - Chris Karsten
R260,00
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.
Product code: 9780798174183
Verbode Drif - Irma Joubert
R260,00
Sy's 'n Boeremeisie, hy's 'n Jood. 'n Boerejood, ja, maar nogtans 'n Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms nie. Die Jode, weet Elizabeth, is 'n ander dam se eende. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd 'n plan.
Product code: 9780799343120
Tolbos - Irma Joubert
R350,00
Katrien is ’n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvry-toer wat Suid-Afrika in die tagtigerjare tref. En in die verre Pole het ’n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid.
Product code: 9780799364033
Tussen Stasies - Irma Joubert
R240,00
As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.
Product code: 9780799364057
Boheem - Chanette Paul
R230,00
Katrien Bresselaar is voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar nié onskuldig bevind nie.
Drie jaar later beland sy, nou bekend as Kayla Cilliers, op Bohemia, ’n kunstenaarskolonie waar Rose-Anne Lockwood ’n prutpot geskep het wat een of ander tyd moet oorkook.
Onder die kreatiewe oppervlak sied dit – Judy wat stemme van die Anderkant hoor; Lente opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou.
Dis hier waar Kayla vir die tweede keer in haar lewe op ’n lyk afkom en haar vingerafdruk is op die moordwapen ...Boheem is die derde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Meetsnoer volg hierop en Dryfhout sluit die reeks af. Springgety en Fortuin is die eerste twee boeke in die reeks.
Product code: 9780799351484
Onverwagte Leuens - Lien Roux-de Jager
R295,00
Kalli Krynauw werk deesdae net deeltyds vir SIS, want sy is swanger. Haar bydrae groei egter by die week, want SIS kry die een ondersoek na die ander: Die FBI het hulle gevra om te help met smokkelhandel; dit gaan oor ’n vigilante wat dwelmhandelaars die een na die ander met klein selfoonbomme opblaas. Toe verdwyn SIS se hoof, Kolonel Mothlala se vader. Sy lyk word dae later in ’n park gevind, maar dit is duidelik dat die moord nie daar gepleeg is nie. Hulle kan geen motief vind nie: die ou man was geliefd en het geen vyande gehad nie.
Product code: 9780799376319
Slim Leuens - Lien Roux-de Jager
R145,00
Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...
Product code: 9780799369762
Swart Pelgrim - F A Venter
R150,00
Die Hertzogprys vir prosa is in 1976 aan Venter toegeken vir sy werke Swart pelgrim en Geknelde land. Vir Kambro-kind het hy in 1982 die Ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse ontvang. In 1981 het die Universiteit van Port Elizabeth die eregraad D. Litt aan hom toegeken as erkenning vir sy skryfwerk. In 1996 word die Andrew Murray Prys vir Literatuur aan Venter toegeken. Hy was ook lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde.F.A. Venter is oorlede in 1997.
Product code: Lit0014
Groen Renosters - Wim Bosman
R260,00
Hoe vasbeslote is bepaalde mense om renosterhoring te oes en daarmee saam ‘n hele spesie tot niet te maak? En hoe suksesvol kan ander dit verhoed? Veral as daardie ‘ander’ slegs ‘n enkeling is wat eers die handoek ingooi as hy, bebloed en besmeer met mis, na die knal van die Mannlicher sy breë rug op dinge draai? Maar wat later terugkeer om sy selfopgelegde taak te volvoer.
Product code: 9780958478274
Kringe in 'n Bos - Dalene Matthee
Gr 12 Studiegids
Product code: 9780624021841
Zip! - Nataniel
R250,00
Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.
Product code: 9780798174244
Vuur op die Horison - Engela van Rooyen
R150,00
Engela van Rooyen se lywige, meesleurende intrigeroman Vuur op die Horison is al vergelyk met Gone with the wind, Anna Karenina en selfs War and Peace.Die gebeure strek vanaf 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as spilpunt. Generasies en kontinente word omspan terwyl die leser meegevoer word vanaf Suid-Afrika se goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en die barre Argentinië.Sentraal staan die familie Viljoen van Grootverlangen naby Magaliesberg, asook die familie Dalmain in Engeland. Terwyl Frans Viljoen vanaf die jagveld van Rhodesië terugkeer Transvaal toe om wapen op te neem, bevind ook Michael Dalmain, Young Lord en adellike erfgenaam, hom ter see op pad na die afgeleë suidpunt van Afrika. Albei het 'n verlede van ingrypende persoonlike intrige. Hulle is bekend met ontnugtering, maar ook met die dryfkrag van vaderlandsliefde en van 'n onvervulde liefde.
Product code: 9780624038351
'n Vrou Gaan Dokter Toe - Ray Kluun
R120,00
Stijn en Carmen het alles - hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het 'n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wereld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde. 'n Vrou gaan na die dokter is 'n mokerhou. Rou, omstrede, maar ook eg ontroerend en lewens-bevestigend. " 'n Ode aan die liefde" NRC Handelsblad.
Product code: 9780624048947
Die Twee Lewens Van Dieter Ondracek - Andre Kruger
R150,00
Spoorwegingenieur Dieter Ondracek word Gerhard Weber nadat hy vlug uit die puin van Nazi-Duitsland. In Suid-Afrika bring twee dinge vir hom hoop op 'n nuwe begin: sy werk by die spoorwee, waar hy weer met sy geliefde "vlamdiere" kan werk, en die buurdogtertjie Kietie en haar ma Magda. Dan daag sy eertydse SS kollega Kurt Wolff op, met dreigemente en gerugte oor ODESSA en Sabine. Dieter/Gerhard besef dat sy verlede uiteindelik besig is om hom in te haal.
Product code: 9780798156721
Verlore Onskuld : Suid-Afrikaanse Kinders Wat Moor En Roof - Chris Karsten
R195,00
Tien verhale oor Suid-Afrikaners op die drempel van hul lewe, wat hulle skuldig maak aan ernstige misdaad en moord. Dis stories van onverklaarbare geweld en ontsporing - van jongmense wat roof om die guns van ander te wen, van leerders uit vooraanstaande gesinne wat 'n hawelose man wreed om die lewe bring, van sestienjariges wat hul eie ouers en gesinslede koelbloedig vermoor. Daar word ook vertel van heldemoed en hoop klein Angeline Taljaard sing dapper in 'n musiekblyspel nadat haar gesin die vorige aand deur twee seuns, jonger as syself, vermoor en vermink is. Polities opgesweepte jeugdiges vermoor die Amerikaner Amy Biehl en baie Suid-Afrikaners en ook Amerikaners trek steeds voordeel uit haar nalatenskap.
Product code: 9780798148993
Die Kruppel Engel - Zenobia Kock
R95,00
Om te weet wie jou pa is, is om te ís. Al stry hy jou af. Al suip hy soos jou stiefpa, net aan duurder goed.
Al is hy wit.
Nou weet jy wie jy is en waarmee jy werk. Nou weet jy hoekom is jou neus groot en jou lippe dun. En nou weet jy dat jou boude klein gaan bly.
Nou vat jy jou klip en jy drá dit, want dis wie jy is.
Product code: 9781869198091
Die skrywer - Esta Steyn
R99,00
Esta Steyn weet hoe om ons te laat lag en innig te ontroer.
Product code: 9780624054412
Sondebok - Irma Venter
R150,00
Ranna Abramson skuil van die gereg na die dood van drie mans na aan haar. As 'n guns aan die geheimsinnige Adriana de Klerk gebruik sy en Alex Derksen hul dekmantel as joernaliste om 'n aanval op 'n vrou onder Adriana se beskerming te ondersoek. Dit lei hulle na 'n skokkende ontdekking - 'n nuwe leidraad oor die verdwyning van 'n talentvolle matriekmeisie ses jaar gelede."
Product code: 9780798178693
Donker Spoor - Martin Steyn
R65,00
'n Hoerskoolmeisie se liggaam word 'n ent buite Durbanville ontdek. Wanneer die patoloog sien dat die meisie gehang is, onthou sy 'n soortgelyke geval.
Product code: 9780799369656
Onse Vaders - Karin Brynard
R320,00
In 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch loop 'n huisroof skeef. Die slagoffer se vernielde lyk word deur haar kinders ontdek. Kaptein Beeslaar, op besoek aan die pragtige dorp, word teen sy sin by die ondersoek betrek. Vyftienhonderd kilometer noord van Beeslaar moet sersant Johannes Ghaap in Soweto gaan soek na 'n vrou en haar kind wat tydens 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sink- en bokshuisies aangehou word . . ."
Fortuin
R350,00
Is Eva van Eden ’n heks, of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel, of ’n onheilsnes? Dis wat joernalis Xanthe Tredoux moet gaan vasstel. Maar insekbyte is klaarblyklik moord. En Xanthe is ook in die visier.Is Eva van Eden a witch or an angel; is Paradyskloof the front gates guarding Heaven or is it Satan’s den? That is what journalist Xanthe Tredoux has to establish. But now insect bites appear to be murder, and Xanthe is the next target.
Product code: 9780799381443
Maansiek - Gerda Taljaard
R75,00
Die kortverhale in Maansiek verken ’n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike. As basis vir sommige verhale dien ’n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is. Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Product code: 9781919825908
Kltsgras - Bellingham
R50,00
Bellingan het nie ontsag vir heilige koeie nie. In haar brief aan meneer Mbeki vermeld sy: "Ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het." Kunstefeeste? Op plekke soos Afganistan, Irak en Aardklop sien jy dinge wat geen sielkundige kan regpraat nie. Dalk is dit hoekom sy 'n play wil skryf, Jakkals is ook die bliksem in. Sy onderskat ook nie die Engelse nie. Hulle het "'n reuserol gespeel in die ontwikkeling van die spoeltoilet". Scotland Yard soek steeds na haar nadat sy agterop 'n Nederlandse vrugtelorrie die land onwettig verlaat het. Advokaat Dubbel D lyk soos Saartjie Baartman wat op haar hande loop. En al dra die meeste mans in Kaapstad maskara en noem mekaar "dahling" is dit ten minste een plek in die land waar mans dink Patricia Lewis is 'n meubelwinkel op Drie Susters.
Product code: 9781869190590
Toewaaisand - Christoffel Coetzee
R50,00
By Aib, teenaan die Sperr in die Namibwoestyn, kruis mense se paaie, ontmoet hede en verlede, hier word die buitestander onderwerp aan reëls wat vir almal geld. Ná 'n morsige jagtog eis die woestyn sy tol. Die kruispad verval in onbruik. Wat oorbly, word deur die sand toegewaai … en gebeurtenisse wat ons aan hierdie plekke koppel, oorleef net in ons geheue. Maar die plekke verkry soms 'n eie bestaan wat groter as die werklikheid is.
Product code: 9781869190446
BRANDENDE MAN, DIE -Van Rooyen, P
R50,00
Met Die brandende man beweeg Van Rooyen buite sy selfgevestigde tradisie van die Afrika-milieu. Twee Suid-Afrikaners begewe hulle na die Nevada-woestyn waar duisende mense elke jaar byeenkom vir ’n fees waartydens ’n sewe verdieping hoë man van rottang en neon ritueel verbrand word.
Die mens se stryd bly egter teen homself; ’n tema wat al Van Rooyen se werk kenmerk. By die fees van die Brandende Man, waar die “juk” van beskawing afgegooi word, blyk die mens se grootste vyand die mens self te wees. Dit is veel meer as die Man wat vernietig word. Gaandeweg word droë humor deur ontnugtering en uiteindelik trauma vervang.
Product code: 9781919825687
Elke Mossie Wat Val - Kas van den Bergh
Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.
Product code: 9781485302834





































