Ontwakende passie - Dina Botha
R85,00
Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees. Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn....
Product code: 9780799385458
'n Man vir altyd - Marile Cloete
R85,00
Hierdie is ’n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se vorige Romanzas: Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord.
Product code: 9780799385403
Die einde van die storie - Santie van der Merwe
R150,00
Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oenskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam?
Product code: 9780799385694
Drie vroue en 'n meisie - Hans du Plessis
R175,00
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin. "
Product code: 9780799386110
Bewustelik joune - Elsa Winckler
R85,00
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het.
Product code: 9780799386080
Indringer op Dassiedraai - Nita Griessel
R55,00
'n Pragtige humoristiese verhaal
Product code: 9780799331493







































