Wilde Klawer - Vita du Preez (Vinkel & Koljander 4)
R135,00
Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer soek ’n vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna. Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat ’n spesiale gawe het om deur aanraking te “sien”.
Product code: 9780799384994
Vlindervlerke - Anna Penzhorn
R85,00
Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto’s van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is ’n ontmoeting met die vlieenier van ’n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem...
Product code: 9780799385243
Ver wink die suiderkruis - Irma Joubert
R95,00
Dis die jaar 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wêreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar.
Product code: 9780799364040
Skakerings van liefde - Madelie Human
R85,00
Nadia kom op die mees onverwagte tyd en plek weer die seuntjie teë wat sy vir aanneming moes afgee. Maar vergis haar seuntjie se aanneempa nie lyflike begeerte en ’n ma vir sy kind met liefde nie?
Product code: 9780799385908
Robyn se ongetemde man - Dina Botha
R95,00
Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het.
Product code: 9780799385663





