Hidden in Time (The Livingstone Chronicles #2) - Michael Phillips
R75,00
Rift in Time #2: Hidden in Time follows the search for the Ark of the Covenant. Adam Livingstone's team successfully removes and transports Noah's Ark down Mt. Ararat while the world watches in awe.
Product code: 978-0842355018
Juffrou Kobie - Stella Blakemore
R150,00
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 10 van die MaasdorpreeksKobie Malan is weer terug op Maasdorp, maar nie meer as lewenslustige skooldogter, knap musiekstudent of as hoofmeisie nie; hierdie keer as een van die onderwyseresse van juffrou van der Westhuizen se personeel.
Product code: jlvs006
Kobie en die Wonderkind - Stella Blakemore
R150,00
Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.
Product code: jlvs005
'n Huis vir Nadia (Afrikaans, Paperback) - Dalene Matthee
R75,00
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na 'n plek vir seuns in die Oos-Kaap. Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle 'n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk. "Shame," het 'n vrou gese. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy's my boetie." Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag 'n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer 'n plekkie in die lewe te vind, 'n veilige hawe. Maar wat maak 'n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra - soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al se Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit 'n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.
Product code: 9780624044383
Die Wonderdokter - Heinz G Konsalik
R150,00
In die polities woelige China van die tagtigerjare raak 'n jong mediese student, halsoorkop verlief op die mooiste Hoeand Lida, maar ...
Product code: 9780624034056
Promenadedek - Heinz G Konsalik
R125,00
Aan boord die weeldeskip MS Atlantis word toerbestuurder Riemke deur ontstelde mans verskree en deur huilende vroue oorval."Dit sal alles opgeklaar word, dames en here, bedaar net ..."
Product code: 9780624027911
Die meisies van Maasdorp - Stella Blakemore
R150,00
Die meisies van Maasdorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit hou nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!
Product code: jlvs004
Die Jongste Meisie op Maasdorpskool - Stella Blakemore
R150,00
Net die toetrede van Die jongste meisie in Maasdorpskool haal die bedorwe klein Breggie Landsberg haar streke uit — met byna rampspoedige gevolge. Maar ook Kobie met haar goue krulle veroorsaak vir die onderwyseresse gereeld hoofbrekens.
Product code: jlvs003
Allegra op Maasdorp - Stella Blakemore
R150,00
Allegra op Maasdorp laat die leser kennis maak met ‘n pragtige, maar nukkerige weeskind wat onder ongelukkige omstandighede haar vorige skool verlaat het. Kobie, Breggie en Heloise maak ‘n opwindende verskil aan haar lewe.
Product code: jlvs002
Kobie Regeer - Stella Blakemore
R150,00
Nou, in Kobie regeer, laat Heloise "per ongeluk" haar swak skoolrapport by die treinvenster uitval – weer een van Breggie se skitterende "plannetjies". Die skelmstreek word egter ontdek en die streng mevrou Malan dreig om Ruth, haar ouer dogter, van Maasdorp weg te neem omdat sy nie vir Kobie en Heloise uit die moeilikheid kan hou nie. Kobie neem die dreigement ter harte en besluit dat sy die een sal wees om haar susters onder hande te neem. Sy sal sorg dat Heloise in haar spoor trap en dat Ruth "iets doen sodat hulle ma haar vir niks op aarde van Maasdorp sal wegneem nie – al sou Heloise en Breggie ook die skool afbrand!". Maar nie eens Kobie kan Breggie en Heloise se ondeundheid keer nie.
Product code: jlvs001
Gelofteland - F A Venter
R165,00
Met (Gelofteland, sy derde roman oor die Groot Trek), bereik Venter die hoogtepunt, nie net in die historiese lyn nie, maar ook in sy siening en beelding. Strak, onmiddellik, dramaties ontvou die gebeurtenisse wat so ‘n ingrypende uitwerking op die geskiedenis van die Afrikaanse volk gehad het. Na die moord op Pieter Retief en die verskrikking van die Bloukransmoorde heers daar onder die Trekkers verslaenheid en vertwyfeling. By Italeni word ‘n Trekkerkommando die eerste keer verslaan. Hongersnood, siekte, dood, elke oomblik die vrees dat die Zoeloes sal kom, want elke dag sak die waters van die Tugela laer en laer. Selfs die natuur word blykbaar ‘n vyand wat hulle wil vernietig, En daar bly geen leier oor nie. Retief is dood. Uys is dood. Maritz is dood. Hendrik Potgieter het teruggetrek oor die Berg en baie het hom gevolg. Het dit dan nog enige sin om te bly hoop en glo dat hierdie land tog hul erfdeel is, hul bedoelde land? Dit is die vraag wat in die hart van menige Trekker gespook het om ‘n antwoord. Dit is die vraag wat Rudolf Dreyer tot op die rand van algehele wanhoop bring. Maar toe die nuus: Andries Pretorius, die man van die Sneeuberg, kom. ‘n Fyn militaris wat die aanval tot in die kleinste besonderheid kan beplan, maar’ook ‘n man wat wéét dat menslike venuf alleen niks sal vermag teen die oorweldigende oormag nie.9 Desember. In die skroeiende somerson staan ‘n groepie mans met ontblote hoofde om die hulp van die Allerhoogste af te smeek en om gelofte aan Hom te doen. As Hy hulle die oorwinning gee, sal hulle die dag aan Hom wy en ‘n tempel tot Sy eer bou. En die wonder gebeur. Die slag van Bloedrivier. Die slag van die Wit-Umfoloos. Tussen die verbleikte beendere op Moordkoppie die traktaat met Dingaan. Die land Natalia behoort aan hulle, die Emigrante-Boere.Gelofteland is die onvergeetlike verhaal van een van die grootste momente uit die Afrikaanse geskiedenis. deur die oë en beleefnisse van hulle wat dit meegemaak het. Dit is bowenal die verhaal van menslike angs, twyfel en loutering en uiteindelike vreugdevolle begrip.
Product code: LITT000435
Offerland - F A Venter
R150,00
Ander romans deur F A Venter: Swart PelgrimMan Van CireneGeknelde Land
Product code: 0624006204
Die Ander Marta (Afrikaans, Paperback) - Eleanor Baker
R120,00
Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die "dienende Marta" wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geinisieer) geleidelik bevry word. Die Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in 'n "gebonde" situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van 'n emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het.
Hande klap vir Afrika - Pieter Pieterse
R95,00
Moleste met bure en diere, dikkedensies met indoenas en mede-stamlede maak van Hande klap vir Afrika 'n baldadige leeservaring.
Product code: 9780798136358
Waar Koek en Wyn ontbreek - Christine Barkhuizen le Roux
R50,00
Christine Barkhuizen le Roux debuteer in 2000 met die digbundel Dimensie. Die kortverhaalbundel, Waar koek en wyn ontbreek, is haar prosadebuut.
Product code: 9780799336290
Verste Grens - Maretha Maartens
R95,00
Hierdie boek is in 1986 bekroon met die ATKV en Sarie-prys as die beste vervolgverhaal.In 1987 is Verste Grens bekroon met die Kaaplandse Helpmekaar FAK-prys vir Ontspanningsleesstof.
Product code: 0868161098
Die Tweeling Trek saam - M E R
R145,00
Die Tweeling trek saam is 'n verwerkte heruitgawe van Kinders van die Voortrek wat oorspronklik in 1920 verskyn het.IMPORTANT NOTICE:Â Before you add your item to the cart please register. This will give you login details and you will enter our 3d secure system for the shopping cart. To register see MY ACCOUNT in the top menu bar.

Product code: 9780624018216
Stories van Bergplaas - Alba Bouwer
R150,00
Alberta Magdalena (Alba) Bouwer is op 16 Maart 1920 op ’n Vrystaatse plaas op die wal van die Renosterrivier in die distrik Vredefort gebore.In 1995 het Alba aan Hanlie Retief (Sarie, 29 Maart 1995) vertel dat sy in ’n donderstorm gebore is. “My pa is te perd weg om die vroedvrou te gaan haal, maar die spruit kom af en hy moes óór. Hy stuur toe solank ’n ou swart vrou huis toe, maar toe dié by die huis kom, is ek klaar gebore. Te klein, te vroeg.“En die swart vrou sê: ‘Hoe! Hy’s so klein, hy sal nie lewe nie, maar ons moet hom was, hy moet begrawe word.’ Sy het die water gebring, maar met die was skree die baba dat die wêreld dreun, seker omdat ek die gevoel gehad het dat hulle my dood wil hê, het my ma agterna vertel.
Product code: 0624020355
Vlerke Van Goud En Ander Liefdesverhale (Afrikaans Edition) - Chanette Paul
R55,00Product code: 978-0799326550
Die Blinde Kol - Elize Parker
R130,00Blinde kol is die tweede boek in die Offerkind-reeks wat begin het met Onthou jy my? Dit vertel die verhaal van Izak Mostert wat na sy geslaagde beenmurgoorplanting en die amputasie van sy bene, stadig weer sy lewe aanmekaar begin las. Hy is verbitterd oor verskeie dinge: sy vrou en kind wat in 'n kaping gesterf het, sy aangenome status en gevoel van verwerping, sy amputasies en kanker en die feit dat sy tydrendae verby is.
Product code: 9781415313398
Bruid van die Woestyn - Annelize Morgan
R50,00
Hierdie is 'n verhaal van intriges, van botsende lewensbeskouings, van jaloesie en liefde en haat.
Product code: 9780624026136
Praat Met Jou Kos - Kobus Neethling & Rache Rutherford
R55,00
'n Breinresep om reg te eet en goed te lyk.
Product code: 9781919818801
Los my uit, paloekas! - George Weideman
R65,00
Sanlam Prize for Youth Literature: silver (1992)This stirring tale of a boy from the farm, who feels out of his depth amongst the cool guys at school, is set in the 1960s.
Product code: 9780624031703
Tryna Du Toit Omnibus 5
R65,00
Huis van die purperwindeHermina se bedrogVerdwaalde Liefde
Product code: 9780798151894
Wals met Matilda - Dan Sleigh
R125,00
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
Product code: 9780624051466
Christine Le Roux Omnibus 10
R75,00
Verborge liefde; Liefdesvallei;Uitdraai na Ukuthula; 'n Hele nuwe mens; Tot in Ewigheid
Product code: 9780798149143
Bitterwater en Soetdoring Omnibus - Margaret Bakkes
R75,00
'n Diep menslike liefdesverhaal wat oor twee generasies strek.
Product code: 9780798147538
Ena Murray Omnibus 26 - Skaduwees Van Gister / Die Geleende Bruid / Bruid Van Die Heerengracht (Afrikaans, Paperback)
R95,00
Liefde is 'n plantjie wat vertroetel en gevoed meot word. Selfs liefde kan nie op niks lewe nie.
Product code: 9780624048688
Reuk Van Die Dood (Afrikaans, Paperback) - Riana Mouton
R65,00
Iemand is besig om jong vroue in Gauteng te ontvoer en te vermoor. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor.Junior Scheepers is die speurder wat hom moet vang, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en indien hy nie daarin slaag om by sy eie donkerte verby te kom nie, gaan hierdie moordenaar nog heelwat skade aanrig.
Product code: 9780799342406
Anderkant Pontenilo - Irma Joubert
R110,00
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
Product code: 9780624047018
Donkerbosverdwaal - Sielie Laubscher
R50,00
Belydenis van 'n depressielyer
Product code: 9781868296101
Haar Cowboy se tuiskoms - Debra Clopton
R50,00
'n Sielsroerende romanse met 'n Christelike inslag
Product code: 9781415022566
























