Emma en Nella (Roman) - Ekm Dido
R95,00
Emma maak 'n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath. Lank gelede sou sy met Gert trou, maar sy pa laat hom uit die kerk storm en die mislukte troudag maak haar hard en onverskrokke. Daar is nie keer aan haar toe sy besluit om later vir Nella aan te neem nie – 'n baba met Fetale Alkoholsindroom wat sy langs 'n snelweg kry. Nou is Nella twaalf en met tik deurmekaar. Maar tussen Nella en die afgrond staan Emma. Na 'n hellevaart waarin die kind vir sewe dae spoorloos verdwyn het, neem Emma en Gert haar na 'n reabilitasiesentrum in Port Elisabeth. Op pad terug kom Gert se verlede aan die lig en slaan Emma se verhaal 'n heel nuwe koers in.
Product code: 9781415201206
Karretjiemense - Carol Campbell
R120,00
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.
Product code: 9781415201855
Brave Beauty - Finding the Fearless You (Hardcover) - Lynn Cowell
R295,00
What will my life be like? Who will I be? Whether girls put these concerns into words or struggle anxiously with these thoughts, during this season of change, girls have questions. Sometimes these questions also come with fears and they need a safe place to process these fears. From Proverbs 31 Ministries speaker and blogger, Lynn Cowell, comes Faithgirlz Brave Beauty: Finding the Fearless You. For girls 8-12, Brave Beauty brings tweens 100 courage-building moments to reflect on Scripture and find confidence in God, rather than in someone, some place, or some thing, as culture will all-too-soon tell them to. Lynn will also prepare girls to: Overcome confidence-defeating thoughts and stand on who Jesus says she is.Shape her self-worth on Christ and overcome the temptation base it on environmental factors.Build a strong foundation to face the fickle and flippant opinions of others.Find approval of herself even when she lacks the acceptance of others.Find security by turning to Christ as she steps through the exciting, yet scary world of growing up Formatted as theme-based mini chapters, these moments can be read as one-a-days, one-a-weeks, or at the reader's own pace. Simple and empowering, Lynn's voice is relatable and conversational, making it easy for girls to feel like they're spending time with a friend. This inspirational read will be set as a gorgeously foil decorated hardcover, with beautifully formatted pages in line with the well-known and loved Faithgirlz look, and with an easy-reference index to look up any topic.
Product code: 9780310763147
The Long Ride Home - Rupert Isaacson
R150,00
Heart-breaking, uplifting and full of adventure, The Long Ride Home is the long-awaited sequel to the international bestseller The Horse Boy. Rowan came back from the shamans in Mongolia a changed boy. The three most debilitating effects of his autism - his incontinence, his endless tantruming, and his inability to make friends - were gone. But a year almost to the day since Rowan's improvement he started regressing: the accidents and tantrums reappeared, terrifying his father Rupert. Something had to be done.Father and son embarked on a new quest, journeying from the bushmen of Namibia to the coastal rain-forests of Queensland, Australia and finally to the Navajo reservations of the American southwest, where Rowan was transformed - they had begun The Long Ride Home.
Product code: 9780670922284
The Chronicles of Narnia (Paperback) C. S. Lewis; Illustrated by Pauline Baynes
R450,00
'The Chronicles of Narnia' have enchanted millions of readers over the last fifty years and the magical events described in C.S. Lewis's immortal prose have left many a lasting memory. For here is a world where a witch decrees eternal winter; where there are more talking animals than people; and where battles are fought by Centaurs, Giants and Fauns.
Product code: 9780007117307
Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht
R160,00
In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italië toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?
Product code: 9780624077534
Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl
R200,00
Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel volgens die KABV om leerders te help om My Japan, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet.
- Word elke jaar gekoop.
- Agtergrond - mites/self-sny-subtema/tsoenami van 2011/Goth-subkultuur/kalligrafie in drama.
- Opsommings/vrae van tonele.
- Leer karakters ken.
- Bespreking van die drama.
- Post-leesverrykingsaktiwiteite.
- Konsepvraestel.
Product code: 9781776071548
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf -
R115,00
Wat maak ons studiewerkgidse anders?Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.Inhoud van hierdie studiewerkgids
- Inleiding tot die drama.
- Opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde.
- Ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde.
- Antwoorde op alle vrae word verskaf.
- Die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts.
- Literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts.
- Verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker.
- ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets.
Product code: 9781776070176
Study Work Guide: Cry, the beloved country Gr 12 FAL - Lucille Smuts
R160,00
This study work guide has been compiled to help learners understand the prescribed novel, Cry, the Beloved Country by Alan Paton for Grade 12 First Additional Language (Maskew Miller Longman). The guide has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to the novel have been covered – in accessible language.Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the prescribed novel's text throughout.
Product code: 9781776070626
Study Work Guide: My Children! My Africa! Gr 12 FAL - Peter Southey
R165,00
Best Books Study Work Guide: My Children! My Africa!
How well do you know your prescribed play? Do you understand the contents and structure of your play? Are you ready to write your exams? This study work guide has been compiled to help
learners grasp each act, theme and character in My Children! My Africa! the prescribed play for Grade 12 First Additional Language.This study work guide has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to the play have been covered – in accessible language.Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the prescribed text throughout.
Product code: 9781776070596/9781776070602
Droomdelwers Studiewerkgids - Pieter Rademeyer
R175,00
Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 11 Huistaal. Die studiewerkgids sal leerders help om die roman se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering vir die roman aan te wakker.Die studiewerkgids bevat die volgende:
· in-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe;
· kontekstualisering van die verhaal;
· pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit;
· ʼn kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal;
· volledige woordverklarings; en
· toetse vir formele assessering/assesseringstake.
Product code: 9781776070077
Zackie Mostert En Die Vreeslike Verjaardag - Jaco Jacobs
R139,00
Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan ’n baie spesiale partytjie. Dit gaan ’n groot verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou – en hy gaan seker maak daar is niemand by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis oorlog!
Product code: 9780799373905
Zackie Mostert en die Katkrisis - Jaco Jacobs
R99,00
Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is nie een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om ’n kat op te pas ...?
Product code: 9780799373899
Zackie Mostert En Die Super Aaklige Soen - Jaco Jacobs
R99,00
Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan 'n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol hê ... Voor Zackie sy oë uitvee, moet hy 'n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent 'n slim plan kan maak ...
Product code: 9780799346503
Zackie Mostert En Die (byna) Briljante Idee - Jaco Jacobs
R99,00
Zackie en Vincent het ’n Baie Briljante Idee ... Hulle gaan ’n koerant begin! ’n Koerant propvol nuus oor die mense van Granaatstraat. En Zackie het klaar ’n voorbladfoto ... Een wat sy suster ROOI gaan laat sien!
Product code: 9780799346497
'n Goeie dag vir boomklim - Jaco Jacobs
R150,00
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word.Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7-8
Product code: 9780799373967
Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe) - Jaco Jacobs
R80,00
Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard... Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel!Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7
Product code: 9780799372670
Gerook (Afrikaans, Paperback) - Eldridge Jason
R140,00
Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam se nie...Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362145
Ek was hier - Nanette van Rooyen
R140,00
Frankie is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend buite haar venster kry. Milan neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en maak snags stensils. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het ...Aanbevole klasleesboeke vir Afrikaans HT Gr 9-10
Product code: 9780799354966
Ek + jy (Afrikaans, Paperback) - Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R140,00
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362817
Duskant die doodlyn - Jaco Jacobs
R120,00
Duskant die doodlyn verskyn nou met ’n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande ‘n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar…Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 7
Product code: 9780799370300
Betower (Afrikaans, Paperback) - Fanie Viljoen
R140,00
Nadia het 'n geheim. En hierdie geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra. Betower bied, deur die gebruik van treffende en beeldende taal, ontvlugting aan die leser in 'n boeiende, broeiende verhaal met interessante ruimtes en met ongewone randfiguur-karakters. Dit is 'n storie oor foute en vergifnis, veral teenoor jouself.
Product code: 9780799354881
Asem - Jan Vermeulen
R160,00
Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bere. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom ’n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer ’n mens spel “pyn” met ’n y soos ’n tweetandvurk. Maar ’n wilde partytjienag en ’n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry ’n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van drank en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op ’n plaas gaan bly, naby ’n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nerens. By sy pa. In ’n eenvoudige kliphuis met ’n buitetoilet sonder ’n deur, leer Barries na twaalf jaar vir die eerste keer sy pa ken. Stadig maar seker besef hy die bottel brandewyn onder die matras is nie die enigste – of die donkerste – geheim wat sy pa wegsteek nie. En toe Barries een nag ’n halfverdrinkte hond red wat tussen die rotse vassit – en in die proses byna self verdrink – is dit die begin van ’n reis na heelword wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het.’n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal. In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is ’n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Product code: 9780799379037
Al wat ek weet - Marita van der Vyver
R270,00
Jy’s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde. Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poesie weet ... ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.
Product code: 9780799378993
Afkop - Fanie Viljoen
R140,00
Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7-10Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou?In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Product code: 9780799372885
Moenie hierdie boek eet nie! 'n Rympie vir elke dag van die jaar - Jaco Jacobs & Zinelda McDonald
R330,00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...Moenie hierdie boek eet nie! contains 365 brand new poems (and a bonus poem for a leap year) that will have kids (and adults!) roaring with laughter. There are poems about grannys and grandfathers, bugs, cricket, astronauts, pirates, ghosts, school toilets, Santa Claus and crocodiles ...
Product code: 9780799379211
Slimkop! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes
R260,00
Slimkop! bevat 28 briljante projekte, met maklik verstaanbare illustrasies wat alles stap vir stap verduidelik, alledaagse bestanddele wat in en om die huis verkrygbaar is. Die wetenskap agter elke eksperiment word ook verduidelik.Including a foreword by Professor Robert Winston, Slimkop! is packed with 28 brilliant projects, using clear step-by-step instructions, everyday ingredients that can be found around the house. The science behind every experiment is also explained.
Product code: 9780799380064
Grom - Jaco Jacobs & Karen Lilje
R120,00
Party oggende voel Emma brommerig en grommerig.Sy is nie lus om op te staan nie.Sy is nie lus vir pap nie.Sy is nie lus om met haar boetie te speel nie.Een oggend toe Emma in die spieël kyk, sien sy iets baie vreemds.Sy het snorbaarde, haar hele lyf is vol kolle ...Some mornings, Emma feels grumpy and growly.She doesn’t want to get out of bed.She doesn’t want to eat her breakfast cereal.She doesn’t want to play with her little brother.One morning when Emma looks in the mirror, she notices something very strange.She has whiskers and her face is covered in dark spots ...
Product code: 9780799379136
SUPERMA (en ander mites) - Chantelle de Wet
R160,00
Om kinders groot te kry is ’n uitdaging waarvoor daar nie keuring of eksamens is nie, en jou bondeltjie liefde word ook nie met ’n handige handleiding afgelewer nie. Ons almal streef om superma’s te wees en dit help om soms die humor in die harde werklikheid raak te sien.To raise children is a challenge. There are no screenings or exams. The little bundle of joy also does not come with an instruction manual. Superma (en ander mites) offers a humoristic look at pregnancy, births, nappies, sex after children and the copious amounts of wine needed.
Product code: 9780799367454
The Maths Handbook and Study Guide - Gr 12 (Paperback) - Kevin Smith
R380,00Product code: 9780981437002
The Maths Handbook and Study Guide - Gr 11 (Paperback)
R380,00
Also available in e-book @ R220
Product code: 9780981437019
The Afrikaans handbook & study guide - Lutrin, Beryl
R360,00
This practical and 'user-friendly' book may be used from Senior Primary to Matric and Beyond.The rules and explanations are all in English and are colour coded, which will enable you to study from it independently, understand, recall and apply what you have learnt.It includes everything you need in one book - Taal, Begripstoets, Skryfwerk, Letterkunde, Kommunikasie, Woordeskat and Hints for Students.The vocabulary covers most of the topics currently being asked in exams.
Product code: 9780620325844
The Maths Handbook and Study Guide - Gr 10 (Paperback) - Kevin Smith
R380,00
Also available in e-book @ R220
Product code: 9780981437026
ENGLISH HANDBOOK & STUDY GUIDE - Grades 5-12
A Teacher’s Handbook
A Student’s Text Book
A Home Reference BookA comprehensive English Reference Book for English first language, second language, foreign language and remedial students – primary, secondary and tertiary levels.Colour coded for easy understanding and learning
Simple and user-friendly
Suitable for remedial studentsThe English Handbook and Study Guide covers every aspect of the English Language from Senior Primary to Matric and beyond including:
Product code: 9780620325837
Juffrou Kobie - Stella Blakemore
R150,00
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 10 van die MaasdorpreeksKobie Malan is weer terug op Maasdorp, maar nie meer as lewenslustige skooldogter, knap musiekstudent of as hoofmeisie nie; hierdie keer as een van die onderwyseresse van juffrou van der Westhuizen se personeel.
Product code: jlvs006
Kobie en die Wonderkind - Stella Blakemore
R150,00
Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.
Product code: jlvs005
Die meisies van Maasdorp - Stella Blakemore
R150,00
Die meisies van Maasdorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit hou nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!
Product code: jlvs004







































