Biltong en Dior: Avonture van ‘n Afrikaanse Fransman
R275,00
Louis Jansen van Vuuren se kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis en raad vir hoe om te oorleef in ’n samelewing met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes. Uiteindelik gee dié Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ’n nuwe waardering vir sy tuisland.
Product code: 9780624095231
Taalstudie vir die middelbare skool - Eksteen, Combrink en van Aardt
R150,00Product code: 0628011768
Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (Pharos) 11de Omvattende herbewerkte Uitgawe
R490,00Product code: 9781868902071
Slagoffer _ Francois Smuts
R150,00
Dawid Neethling is a successful Stellenbosch psychiatrist, with a part-time job at the university, a flashy yellow Porsche and a stagnant marriage . . . When the beautiful music student Eva Rodriguez becomes his patient, Dawid's life takes an unexpected, dangerous turn. Soon Dawid finds himself at the wrong end of the law, as the accused in a brutal murder case.And then uncontrollable forces come into play, leading to Dawid's own life being at risk . .
Product code: 9780795802201
Bidsprinkaan - 'n ware storie - Andre P Brink
R150,00
Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring. In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.
Product code: 9780798146517
Getuie - Christine Barkhuizen Le Roux
R100,00
Die selfmoord van haar kleintydse vriendin, Mignon, laat Maggie McKairn met meer vrae as antwoorde. Wat het met Mignon gebeur in die jare wat hulle mekaar nie gesien het nie wat haar so bitter gemaak het dat sy nie meer kans gesien het om te lewe nie? En waarom het Mignon se familie alle kontak met haar verbreek? Op skool moes Maggie en Mignon pouses op hul eie speel en die spot van die ander kinders trotseer. Maggie omdat sy die streng skoolhoof se rooikopdogter is en Mignon omdat sy 'n Jehova-getuie is. En Maggie weet uit eie ervaring hoe ongenaakbare dissipline ’n kind lewenslank kan knou. Voor haar dood het Mignon vir Maggie gevra om ’n vrou in die tronk te gaan opsoek. Bea Mostert, ook 'n Jehova-getuie, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onmenslike daad. Wat in die Mignon en Bea se lewens het hul tot sulke uiterstes gedwing?
Product code: 9780798157070
Inboekeling - Hans du Plessis
R120,00
He was dragged onto the yard by a thong. A boy. A stranger. Off balance on his clumsy feet, the floppy hat pulled down low over his jug ears, red in the face because of the thong around his neck. The people gawking at him were not used to strangers. Here where they stay no-one has lived before. Their leader led their trek here more or less six years ago, dug the heel of his velskoen into the ground, made a possessive sweep with his big hand and declared the area his property. Here his word was law. The pastor confirmed his authority through the Bible. Also over the indentured, those children brought back to the laager after punitive raids against the indigenous people. The fathers and mothers were shot –stock thieves surely, all of them – and the children were carried away to be reared as slaves.The indentured.The boy on the rope sees a black girl staring at him from under the peak of a bonnet. Only later, locked up in a smithy, will he discover who and what she is. And when he is taken along on an expedition to recapture stolen stock, he is confronted with the horrid reality of her life: a child who was snatched from between the corpses of her parents and carried away on the saddle of a horseman.And it will be this simple boy, dragged onto that trekkers’ yard by a thong, who will bring it home in that godforsaken hinterland that there is no bond as durable, no rope as strong, as the commitment a heart makes.
Product code: 9780624069355
Emma en Nella (Roman) - Ekm Dido
R95,00
Emma maak 'n lewe vir haar en haar optelkind Nella in Blackheath. Lank gelede sou sy met Gert trou, maar sy pa laat hom uit die kerk storm en die mislukte troudag maak haar hard en onverskrokke. Daar is nie keer aan haar toe sy besluit om later vir Nella aan te neem nie – 'n baba met Fetale Alkoholsindroom wat sy langs 'n snelweg kry. Nou is Nella twaalf en met tik deurmekaar. Maar tussen Nella en die afgrond staan Emma. Na 'n hellevaart waarin die kind vir sewe dae spoorloos verdwyn het, neem Emma en Gert haar na 'n reabilitasiesentrum in Port Elisabeth. Op pad terug kom Gert se verlede aan die lig en slaan Emma se verhaal 'n heel nuwe koers in.
Product code: 9781415201206
Karretjiemense - Carol Campbell
R120,00
Vyftien jaar lank kruip Muis al weg. En noudat die Karoo so droog is, wil haar man Kapok hul donkiekarretjie in Leeu-Gamka se rigting draai – die een plek wat Muis nooit weer wil sien nie, want dit is hier waar die wrede Miskiet vir haar wag om haar terug te kry. Klein Witpop is opgewonde. Dalk kan sy nou televisie kyk en skool toe gaan. Haar broer Fansie hoop daar sal meer kos vir hom en hul babasussie Sponsie wees. Maar die duiwel is los in Leeu-Gamka en hulle moet desperaat vlug op hul karretjie. Sonder dokumente wat wys jy bestaan, kan die polisie jou nie veel help nie. In Carol Campbell se senutergende roman word die onsigbare en nomadiese karretjiemense van die Groot-Karoo op spanningsvolle wyse op die voorgrond geplaas.
Product code: 9781415201855
Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl
R200,00
Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel volgens die KABV om leerders te help om My Japan, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet.
- Word elke jaar gekoop.
- Agtergrond - mites/self-sny-subtema/tsoenami van 2011/Goth-subkultuur/kalligrafie in drama.
- Opsommings/vrae van tonele.
- Leer karakters ken.
- Bespreking van die drama.
- Post-leesverrykingsaktiwiteite.
- Konsepvraestel.
Product code: 9781776071548
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf -
R115,00
Wat maak ons studiewerkgidse anders?Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.Inhoud van hierdie studiewerkgids
- Inleiding tot die drama.
- Opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde.
- Ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde.
- Antwoorde op alle vrae word verskaf.
- Die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts.
- Literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts.
- Verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker.
- ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets.
Product code: 9781776070176
Droomdelwers Studiewerkgids - Pieter Rademeyer
R175,00
Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 11 Huistaal. Die studiewerkgids sal leerders help om die roman se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering vir die roman aan te wakker.Die studiewerkgids bevat die volgende:
· in-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe;
· kontekstualisering van die verhaal;
· pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit;
· ʼn kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal;
· volledige woordverklarings; en
· toetse vir formele assessering/assesseringstake.
Product code: 9781776070077
'n Goeie dag vir boomklim - Jaco Jacobs
R150,00
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word.Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7-8
Product code: 9780799373967
Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4de Uitgawe) - Jaco Jacobs
R80,00
Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard... Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel!Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7
Product code: 9780799372670
Gerook (Afrikaans, Paperback) - Eldridge Jason
R140,00
Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam se nie...Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362145
Ek was hier - Nanette van Rooyen
R140,00
Frankie is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend buite haar venster kry. Milan neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en maak snags stensils. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het ...Aanbevole klasleesboeke vir Afrikaans HT Gr 9-10
Product code: 9780799354966
Ek + jy (Afrikaans, Paperback) - Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R140,00
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362817
Duskant die doodlyn - Jaco Jacobs
R120,00
Duskant die doodlyn verskyn nou met ’n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande ‘n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar…Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 7
Product code: 9780799370300
Betower (Afrikaans, Paperback) - Fanie Viljoen
R140,00
Nadia het 'n geheim. En hierdie geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra. Betower bied, deur die gebruik van treffende en beeldende taal, ontvlugting aan die leser in 'n boeiende, broeiende verhaal met interessante ruimtes en met ongewone randfiguur-karakters. Dit is 'n storie oor foute en vergifnis, veral teenoor jouself.
Product code: 9780799354881
Asem - Jan Vermeulen
R160,00
Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bere. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom ’n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer ’n mens spel “pyn” met ’n y soos ’n tweetandvurk. Maar ’n wilde partytjienag en ’n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry ’n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van drank en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op ’n plaas gaan bly, naby ’n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nerens. By sy pa. In ’n eenvoudige kliphuis met ’n buitetoilet sonder ’n deur, leer Barries na twaalf jaar vir die eerste keer sy pa ken. Stadig maar seker besef hy die bottel brandewyn onder die matras is nie die enigste – of die donkerste – geheim wat sy pa wegsteek nie. En toe Barries een nag ’n halfverdrinkte hond red wat tussen die rotse vassit – en in die proses byna self verdrink – is dit die begin van ’n reis na heelword wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het.’n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal. In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is ’n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Product code: 9780799379037
Al wat ek weet - Marita van der Vyver
R270,00
Jy’s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde. Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poesie weet ... ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.
Product code: 9780799378993
Afkop - Fanie Viljoen
R140,00
Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7-10Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou?In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Product code: 9780799372885
The Afrikaans handbook & study guide - Lutrin, Beryl
R360,00
This practical and 'user-friendly' book may be used from Senior Primary to Matric and Beyond.The rules and explanations are all in English and are colour coded, which will enable you to study from it independently, understand, recall and apply what you have learnt.It includes everything you need in one book - Taal, Begripstoets, Skryfwerk, Letterkunde, Kommunikasie, Woordeskat and Hints for Students.The vocabulary covers most of the topics currently being asked in exams.
Product code: 9780620325844























