Rainbow Days - Josephine Cox
R65,00
Set in the year 1900, the story revolves around the loving relationship between Cathleen and Silas, who have known each other since they were children. After Silas asks Cathleen to marry him, a malicious rival meddles in their affairs, using Silas's father to ruin their happiness. This forces Silas to make a terrible sacrifice, and Cathleen is left to face the bitter consequences. Separated and swept into lives with no love or peace, they must endure the cruel turns of fate that have put them on a path with no way back.
Product code: CN3944
Conquerors: How Portugal seized the Indian Ocean and Forged the First Global Empire- Roger Crowley
R295,00Product code: 9780571290895
Cruel and Unusual - Patricia Cornwell
Product code: 9780751501681
Katryn: Vrou van die Richtersveld - Jan Huisamen
R120,00
Katryn Jonis staan in die Kaapse Hooggeregshof tereg op aanklag van moord. Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die halsregter veg vir haar lewe. Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat, so heilig en so waar as wat net die waarheid kan wees.
Product code: 9780798156462
Grillers: Kom ons verdwyn - R L Stine
R60,00
Leser, pas op - jou hare rys op jou kop!
Product code: 9780624036517
Kleine Paradys - Santi Neven
R65,00
Katryn soek nie ’n nuwe man nie. Sy is gelukkig om vir ewig Paul se weduwee te wees, al het hy haar hart gebreek. Die man wat langs haar plaas, Kleine Paradys, intrek, is egter nie net enige man nie. Nee, hy’s ’n sexy dokter wat niks van boer af weet nie en sy word gereeld na sy plaas ontbied om te kom help met ’n krisis. Axel weet sy beeldskone buurvrou het geheime, maar dit gaan hom nie afskrik nie. Hy het immers Soete Waters gekoop sonder om enigiets van boerdery te weet. Hy sal haar net moet oortuig dat hulle nie só verskillend is nie. En dat sy eerder vir hom moet kies as haar ander buurman. Dié mag dalk alles van die plaas weet, maar hy weet niks van vroue nie.
Product code: 9781776356829
Tussen Glas en Vag - Rina Cilliers
R65,00
Ansua Welthagen, ’n talentvolle glaskunstenaar, keer terug van Europa ná ʼn groot liefdesteleurstelling. Sy onderneem om die kapel op Sewefontein, die spogplaas van die formidabele Naudés, naby Greyton, met loodglasvensters te versier. Om met ’n voertuig wat probleme gee voor Paasnaweek iewers gestrand te sit, is ʼn krisis. Maar Ansua ken krisisse. Sy ken wel nie sukkelende, geleende bakkies nie, en nóg minder alpakkas. Sewefontein is nie meer die plaas van jare gelede nie. Dit is nou ʼn heenkome vir afvlerkhoendertjies, soos die aantreklike, bot alpakkaboer die mense daar noem. Wybrandt Naudé het ʼn sagte plek vir mense, maar hy sal dit nooit wys nie. Dis makliker om te maak of hy net omgee oor die bestuur van die plaas en sy adellike herkoms. Hy is wel nie apaties teenoor die mooi Tanya wat sy bruid wil word nie. Hy wil met alles in hom van haar ontslae raak en besluit Ansua moet hom help: sy moet sy kammaverloofde wees. Ansua word gou betrokke by die komplot om van die lastige meisie ontslae te raak, maar sy ontdek in die proses dat toneelspel diep emosies by ’n akteur kan ontketen.
Product code: 9781776351855
Weer Begin - Marle Cloete
R65,00
Anet Schreuder sal enigiets vir haar susters doen en laat haar dus by Reinet se troue teensinnig afpaar met Steve Turner, die een strooijonker. Sy is effens bevooroordeeld teen die Engelse, maar gelukkig hoef sy hom nie weer te sien nie.Impulsief besluit sy om ’n tydjie op haar nuwe swaer se plaas agter te bly, maar niemand het haar vertel Steve gaan die plaas vir die bruidspaar oppas solank hulle op wittebrood is nie. Nog minder kon dié dorpsjapies weet dat die droogte in die Karoo deur groot reën gebreek gaan word terwyl hulle onbepland saam op die plaas is. Hulle het ook nie noodwendig beplan om verlief te raak nie.
Product code: 9781776354962
Blom van sy hart - Marile Cloete
R65,00
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar Doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: ‘n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van ’n tuindiens wees en daarby ’n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op ’n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van ’n blom moet egter nie onderskat word nie.
Product code: 9781776358083
Jaargety - Madelie Human
R65,00
Liefde kan jou siel genees Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra ’n donker geheim en stel geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques Greyling, ’n aantreklike beesboer ontmoet.Jacques verloor sy hart op Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit dis nie so maklik nie. Jacques is egter ’n Greyling en deins nie terug vir enige uitdaging nie. Zadelle oorweeg ’n verhouding met Jacques, maar eers moet sy vir berading by die plaaslike dominee gaan om haar te help om haar verlede te verwerk. Sal Jacques haar verwerp as hy die waarheid oor haar verlede uitvind? Kan sy haar probleem oorkom?Jacques vind wel die waarheid uit, maar dit maak ’n sterker beskermingsdrang binne hom wakker. Hy werp alles in die stryd om haar te help en saam moet talle struikelblokke oorkom voordat hulle geluk kan vind.
Product code: 9781776356867
Soeter as Nougat - Lizelle von Wielligh
R65,00
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en hy ʼn skokkende ontdekking agter in sy pa se Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het ‘n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?
Product code: 9781776352159
Liewe Lisa - Kristel Loots
R65,00
Lisa is ʼn liewe mens, ʼn ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ʼn mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Skietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam – hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Skietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Skietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in. As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ʼn goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ʼn leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.
Product code: 9781776352777
Sneeuvlokkies en Rooiwyn - Judy Troskie
R65,00
Amelia besef haar besluit om te gaan kyk waar haar wortels tussen die Rooiberge in die Noord-Oos-Vrystaat begrawe lê, is onverstaanbaar vir haar aangenome familie. Sy wil egter antwoorde gaan soek. Wie was haar biologiese ma regtig en waarom het geen familie haar probeer opspoor na haar ma se skielike dood toe sy nog ‘n baba was nie? Tussen die stofstrate van Clarens vind sy egter meer as waarop sy gereken het en verloor haar hart onverwags in die proses. Dirk word daardie iemand êrens wat sy so heldhaftig in haar dagboek aangeteken het, maar nooit gedink het sy eendag gaan ontmoet nie. Net jammer sy is nie seker waar “klitsgras Christie” in sy lewe pas nie.
Product code: 9781776352098
Meer as Blomme - Ilde Grove
R65,00
Sy liefde is soos die eerste lenteblom Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Product code: 9781776351673
Party dinge is vir altyd - Elsa Winckler
R65,00
Liefde is vir altyd. Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s’n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net ’n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.
Product code: 9781776351831
Paradiso - Elize Davies
R65,00
“Moet ’n mens so lank wag vir diens? Whiskey en soda, en maak gou,” blaf hy toe die lugwaardin in haar netjiese uniform langs hom verskyn.Die meisie knik en kyk na Anneke. “Iets vir u?” vra sy beleefd.
Anneke skud haar kop. “Nee, dankie,” antwoord sy vriendelik, verleë oor Ferdinand se swak maniere. Hy is ’n snob, dink sy vir die soveelste keer. Hy is vriendelik en sjarmant teenoor diegene wat hy kan gebruik, maar pleinweg ongeskik teenoor sy minderes. Hy gaan haar lewe onuitstaanbaar maak wanneer die besef eendag tot hom deurdring dat sy nie met hom wil trou nie. Sy sug en staar weer by die venstertjie uit.
Product code: 9781776351992
Net vir 'n Seisoen of twee - Dina Botha
R65,00
Marcelle ontmoet vir Sebastian by ʼn partytjie. Nog nooit het sy so ʼn vreemde, aantreklike en onbeskryfbare arrogante mansmens ontmoet nie. Voordat Sebastian nog haar naam weet, maak hy alreeds ʼn afspraak met haar. Nie eens die feit dat sy skynbaar getroud is skrik hom af nie. Hy maak dit duidelik dat hy in haar belangstel en vasberade is om haar te besit – maar net vir ʼn seisoen of twee. Marcelle is nie heeltemal blind vir sy aantreklikheid of bestand teen sy sjarme nie, maar ingee gaan sy beslis nie. Wanneer ʼn ramp haar sakeonderneming tref, leer sy ʼn ander kant van Sebastian Rigter ken. Sy ontmoet die ware man. Die een wat Sebastian self nog moet ontdek. Haar opinie oor hom verander teen haar eie beter wete en sy verloor haar hart. Al is sy en Sebastian net tydelik. ’n Seisoen of twee is beter as niks.
Product code: 9781776352050
Dit lê die wêreld vol - Dina Botha
R65,00
Sosiale vlinder en beïnvloeder, Demi-Leigh Henkel, is gewoond om aandag te trek. Toe ’n uiters aantreklike vreemdeling op ’n vlug nie eens in haar rigting kyk nie, vererg sy haar vir hom. Sy neem ’n selfie van haar en die slapende man en plaas dit op haar sosiale platform met ’n katterige aanmerking daarby. Dokter Paul Krynauw spoor haar op en noem haar ’n sosiale verpesting wat mense se lewens verwoes. Sy besluit om twee weke by sy kliniek deur te bring met die idee om nie net die befoeterde dokter se persoonlike lewe te verander nie, maar ook sy persoonlikheid. Min weet Demi-Leigh dat Paul haar lewe op sy kop gaan draai en haar hart in sy hande gaan hou.
Product code: 9781776352272
Hart van Goud - Didi Potgieter
R65,00
Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met ’n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van ’n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar.
Product code: 9781776351756
Liefdeslewe vir 'n Grotman - Ciska Olivier
R65,00
Olga is die bestuurder van Boskloof gasteplaas en sy sal die veld vir niks agterlaat nie. Nie eens vir haar verloofde, Stefan, nie. Al wie haar liefde vir die dorre bos deel, is die een man wat sy nie kan verdra nie: Lukas, die wildbewaarder. Die man wat haar haat. Die man met die mooi oë. Grotman. Rof en onbeskof, nes sy hond wat haar geliefde papegaai wil opvreet. Sy loop liefs wye draaie om hom om enige konfrontasie te vermy. Tog is daar oomblikke wat iets anders as afsku deur haar are vloei. Veral wanneer sy glimpe van sensitiwiteit in sy goudbruin oë sien as hy met die diere werk. Maar vir só ʼn man sien sy nie kans. Stefan is nie noodwendig opwindend nie, maar hy is veilig. Hy is ʼn enkele kers en nie, soos Lukas, ʼn vonk nie. En sy sal die vlammetjie van begeerte wat deur haar vloei wanneer Lukas na haar kyk gou moet blus voordat dit in ʼn veldbrand ontaard ...
Product code: 9781776351893







































