Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht
R160,00
In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italië toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?
Product code: 9780624077534
Gerook (Afrikaans, Paperback) - Eldridge Jason
R140,00
Cobie het lank uitgesien na die Desember-skoolvakansie. Om ’n paar weke by sy ouma op Vaalberg te kom bly, was egter beslis nie deel van sy vakansieplanne nie. Maar die Weskusdorpie is nie heeltemal so vaal en vervelig soos sy naam se nie...Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362145
Ek was hier - Nanette van Rooyen
R140,00
Frankie is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend buite haar venster kry. Milan neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en maak snags stensils. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het ...Aanbevole klasleesboeke vir Afrikaans HT Gr 9-10
Product code: 9780799354966
Ek + jy (Afrikaans, Paperback) - Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R140,00
Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Daar is baie ander dinge waaraan sy al haar tyd en aandag kan bestee. Soos haar spysenieringsbesigheid, haar skoolwerk en haar kleinsussie, Mila, wat nog sukkel om hulle ma se dood te verwerk. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT Gr 8-9
Product code: 9780799362817
Betower (Afrikaans, Paperback) - Fanie Viljoen
R140,00
Nadia het 'n geheim. En hierdie geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly. Hier ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe paddaeiertjies ruik. Wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra. Betower bied, deur die gebruik van treffende en beeldende taal, ontvlugting aan die leser in 'n boeiende, broeiende verhaal met interessante ruimtes en met ongewone randfiguur-karakters. Dit is 'n storie oor foute en vergifnis, veral teenoor jouself.
Product code: 9780799354881
Asem - Jan Vermeulen
R160,00
Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bere. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom ’n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer ’n mens spel “pyn” met ’n y soos ’n tweetandvurk. Maar ’n wilde partytjienag en ’n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry ’n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van drank en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op ’n plaas gaan bly, naby ’n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nerens. By sy pa. In ’n eenvoudige kliphuis met ’n buitetoilet sonder ’n deur, leer Barries na twaalf jaar vir die eerste keer sy pa ken. Stadig maar seker besef hy die bottel brandewyn onder die matras is nie die enigste – of die donkerste – geheim wat sy pa wegsteek nie. En toe Barries een nag ’n halfverdrinkte hond red wat tussen die rotse vassit – en in die proses byna self verdrink – is dit die begin van ’n reis na heelword wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het.’n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal. In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is ’n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Product code: 9780799379037
Al wat ek weet - Marita van der Vyver
R270,00
Jy’s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde. Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poesie weet ... ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.
Product code: 9780799378993
Afkop - Fanie Viljoen
R140,00
Aanbevole klasleesboek vir Afrikaans HT gr 7-10Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou?In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Product code: 9780799372885
Juffrou Kobie - Stella Blakemore
R150,00
n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore
Boek no 10 van die MaasdorpreeksKobie Malan is weer terug op Maasdorp, maar nie meer as lewenslustige skooldogter, knap musiekstudent of as hoofmeisie nie; hierdie keer as een van die onderwyseresse van juffrou van der Westhuizen se personeel.
Product code: jlvs006
Kobie en die Wonderkind - Stella Blakemore
R150,00
Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis saam met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kwattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.
Product code: jlvs005
Die meisies van Maasdorp - Stella Blakemore
R150,00
Die meisies van Maasdorp is die eerste kennismaking met die maats van Maasdorpskool. Daar is die klein terggees Kobie Malan, wat met haar goue krulle en kuiltjies almal bekoor. Sy is die voorbok van die spul woelige graad neges wat stom verbaas is om ’n nuwe leerder in die kosskool, Elsabe van den Heever, te ontmoet. Elsabe het al die jare saam met haar oudtydse tante gewoon en haar klere en manier van praat wys dit beslis! Vir die graad neges is dit ’n nagmerrie: Elsabe klink snaaks, trek snaaks aan en boonop lyk dit nie of sy enigsins gaan deelneem aan Kobie se mal planne nie. Dié mal planne neem die skool op hol en dit hou nie lank nie of die meisies van Maasdorp besef hulle gaan ’n kwartaal beleef wat hulle nie gou gaan vergeet nie!
Product code: jlvs004
Die Jongste Meisie op Maasdorpskool - Stella Blakemore
R150,00
Net die toetrede van Die jongste meisie in Maasdorpskool haal die bedorwe klein Breggie Landsberg haar streke uit — met byna rampspoedige gevolge. Maar ook Kobie met haar goue krulle veroorsaak vir die onderwyseresse gereeld hoofbrekens.
Product code: jlvs003
Allegra op Maasdorp - Stella Blakemore
R150,00
Allegra op Maasdorp laat die leser kennis maak met ‘n pragtige, maar nukkerige weeskind wat onder ongelukkige omstandighede haar vorige skool verlaat het. Kobie, Breggie en Heloise maak ‘n opwindende verskil aan haar lewe.
Product code: jlvs002
Kobie Regeer - Stella Blakemore
R150,00
Nou, in Kobie regeer, laat Heloise "per ongeluk" haar swak skoolrapport by die treinvenster uitval – weer een van Breggie se skitterende "plannetjies". Die skelmstreek word egter ontdek en die streng mevrou Malan dreig om Ruth, haar ouer dogter, van Maasdorp weg te neem omdat sy nie vir Kobie en Heloise uit die moeilikheid kan hou nie. Kobie neem die dreigement ter harte en besluit dat sy die een sal wees om haar susters onder hande te neem. Sy sal sorg dat Heloise in haar spoor trap en dat Ruth "iets doen sodat hulle ma haar vir niks op aarde van Maasdorp sal wegneem nie – al sou Heloise en Breggie ook die skool afbrand!". Maar nie eens Kobie kan Breggie en Heloise se ondeundheid keer nie.
Product code: jlvs001
Suurlemoen - Jaco Jacobs
R115,00'n Storie Oor Liefde, Rock En 'n Tuinkabouter
Product code: 9780799342352
Vlerkdans (Afrikaans, Paperback, Reissue) - Barrie Hough
R95,00
So reg in vandag se tienertaal vertel die bekroonde Barrie Hough die verhaal van Wolfie, die sensitiewe standerd nege-seun wat vir hom 'n oorbel laat insit sodat hy soos 'n regte kunstenaar kan voel. Hy ontmoet vir Anton met die mooi lyf, 'n skitterende balletdanser. Maar dan word Anton siek. Die diagnose is vigs.
Product code: 9780624031864
Twee vir 'n Stuiwer - W A Hickey
R200,00
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi.
Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …”
Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
Product code: 9781919825496























