Ga se Lorato - M J Magasa
R123,00
E bontsha batho gore go le gantsi basadi bangwe ba dumella banna fa ba kopa lerato mme maikaelelo magolo e le fela go kotula khumo nngwe mo monneng yoo. Fa maikaelelo a bona a fela, ba a mo koba. A story of love and betrayal.
Product code: 9780796036506
Kaburu - Deon Opperman
R95,00
In hierdie drama word die leser/gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer: kwessies soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels ’n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.
Product code: 9781869192532
Koggelmanderman - Pieter Fourie
R50,00
“Waar die bloukopkoggelmander sit, daar lê die vrou tevrede,” lui ’n Boesmangesegde. So simplisties is die liefde egter nie, dit is “bliksem sonder weerga”. Met die Kalahari as milieu loop Koggelmanderman op die gifspoor van jaloesie, besitlikheid, seksualiteit, vertwyfeling en impotensie in die fyntuin van die liefde.
Fourie is die mees gepubliseerde en mees bekroonde dramaturg in Afrikaans. Gereelde teatergangers het sy dramas leer ken as toeganklik vir die kundige sowel as die minder gespesialiseerde teaterliefhebber. Daarbenewens is hierdie drama ’n verkwiklike leeservaring.
Koggelmanderman is bekroon met die Nagtegaal/Klein Karoo Nasionale Kunstefees-prys vir nuutgeskrewe verhoogtekste.
Product code: 9781869190347





















