Ontmoet die skrywer van TERT SE KERSFEESSTORIE

Herman du Plessis

HOE TJERT TERT GEWORD HET EN SO EN GOETERS.

Herman se eie storie.

Herman du Plessis is gebore op Brits op 09 Augustus 1957.  Januarie 1964 het hy sy laerskool loopbaan by Brits Laerskool begin.  Matrikuleer in 1975 by Die Hoërskool Brits.  Diensplig gedoen gedurende 1976 te Heidelberg by 1 Seinregiment.  Na basiese opleiding steeds op Heidelberg, maar by die Seinskool.  Laaste drie maande van sy Diensplig te Potchefstroom by Noord Wes Kommandement Seineenheid.

Begin op 10 Januarie 1977 by Volkskas in Brits werk.  Toe by die Ontwikkelingsraad vir Sentraal Transvaal gewerk as Inspekteur.  Word later oorgeplaas na die Departement van Binnelandse Sake.  In 2002 en begewe hy homself  in die kartonverpakkingsbedryf vir ongeveer ‘n jaar en koop Tip Top Tuindienste.  Uit dit ontwikkel die landskapsbeen.  Mettertyd verkoop hy die  Tuindienste en fokus op Landskappering met al sy fasette.

Getroud met Ilse op 1 Maart 1980.  Twee kinders; Danie en Jacqueline.

Die boek is hier beskikbaar teen R120 per boek.

Herman sê: “Die skrywery het per ongeluk gebeur. As orrelis by my gemeente moes ek my eerste Kerssangdiens  reel.  Ek het ‘n idee in my kop gehad, en ek het vir Marguerite Enslin gevra om dit vir my te skryf.  Ek het die storie aan haar vertel, en sy sê toe ek moet dit self skryf en vir haar gee om te edit.  Daarna het nog baie toneelstukke gevolg.  Tert het ook per ongeluk gebeur.  Ek was op ‘n dag by Brits/Harties Gateway se kantoor vir my besigheid se advertensie, en dit was ‘n koue, trietsige dag.  Ek het vir die personeel ‘n grappie vertel om hulle op te beur, en Ina, die eerste redaktrise, het my gevra om ‘n storie van die grappie te maak en vir hulle te stuur vir plasing.  Dit was die geboorte  van Tert.”

Groete

Die Littera span.

Ons vertrou om binnekort nog verhale uit die pen van Herman du Plessis aan julle bekend te stel. ’n  Man met baie talente.

 

Herman en sy vrou Ilse.
Hier is nog ‘n karakter wat in die stories verskyn. Pitte is sy naam, en sy vrou Susan.