Agter Maskers – Marijke Greeff

R200.00

Ná ’n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar ’n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan ’n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in ’n dameskroeg as hy eintlik ’n opgeleide predikant is? In ’n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In ’n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.

1 in stock

SKU: 9780799382464 Category:

Description

Kategorie/Category: Superromanse/Super romance

Band/Binding: Sagteband/Paperback

Formaat/Format: 198 x 129 mm

Bladsye/Pages: 304 :

ISBN: 9780799382464

Publikasiedatum/ Publication date: Januarie/January 2017

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.