Reading is a human right

Vereeniging: Die onvoltooide vrede – Leon Wessels

(0) Write a review

In die boek Some Afrikaners Revisited van David Goldblatt, is daar ‘n foto van ‘n berede jong Afrikaner, geneem by ‘n Nasionale Party-viering in 1964. Daardie jong man was in 1990 die eerste lid van die NP-regering wat verskoning vir apartheid gevra het, en in November 2009 het hy uitgetree as Menseregtekommissaris. Watter pad het hom tot hier gelei? En watter pad het Suid-Afrika in dieselfde tyd geloop? Wessels vertel pakkend van die groot politieke veranderings wat hy beleef het, as minister in die laaste apartheidskabinet, as grondwetonderhandelaar en menseregte-kommissaris. Maar dis ‘n groter verhaal wat hy vertel. “Dit maak my vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat skeef loop,” se hy. “Dit maak my net so vies wanneer mense maak asof apartheid geen impak het op hedendaagse vraagstukke nie.” Met sy vertrekpunt dat die nuwe Suid-Afrika se grondwet op die aandrang van Nelson Mandela by Vereeninging onderteken is, waar ook die Vrede onderteken is wat die Unie tot stand gebring het, vra hy die vraag hoe ver ons op die weg van vereniging gevorder het. Hy beantwoord dit aan die hand van vyf groot temas: die regstaat, menseregte, rassisme, versoening, en armoede. Wessels, wat ‘n ver pad gekom het sedert sy berede dae, praat oorredend en met ontwapenende eerlikheid oor nasionale en eie dwalings.

R160,00

  • Gift Card: On orders over R900
  • We use reliable couriers for speed
SKU: 9781415201213
Availability: 1 in stock

Description

Imprint:Umuzi
Country of origin:South Africa
Release date:October 2010
Authors:Leon Wessels
Dimensions:222 x 145 x 25mm
Format:Paperback
Pages:366
ISBN-13:978-1-4152-0121-3
Barcode:9781415201213
Languages:Afrikaans

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Back to Top
Product has been added to your cart
Compare (0)