Goud Kan Nie Roes Nie Paperback Afrikaans – Paul-Constant Smit

R230.00

Con Slaughter – myningenieur, rewolwervegter en avonturier – maak sy fortuin tydens die goudstormloop op Barberton, meer as ’n millennium nadat die koningin van Skeba ’n ekspedisie na die suide van Afrika gestuur het. Verstrengel in ’n komplot tussen Engeland en Duitsland wat die verloop van die geskiedenis kan verander, vrees Slaughter egter heeltyd ’n koeël in die rug. Hy vind vir ’n wyle vrede in die arms van sy Lorelei, maar Britse en Duitse Militêre Intelligensie trek die strop al nouer.
Slaughter leef op ’n mespunt: van ’n amperdood deur wilde diere tot die gruweldade van die Boereoorlog. Die veld van Afrika is onverbiddelik, en dit is hier waar hy tot die uiterste beproef word.
Paul-Constant Smit se Goud kan nie roes nie is ’n meesleurende avontuurverhaal vol aksie, intrige en passie vir ’n vervloë tyd.

Out of stock

SKU: 9781485903253 Category:

Description

  • Paperback | 424 pages
  • 153 x 234mm | 560g
  • 01 Jun 2016
  • Penguin Random House (Pty) Ltd
  • Cape Town, South Africa
  • Afrikaans
  • 1485903254
  • 9781485903253

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.