Die Stormsee Swyg (Afrikaans) – Annemarie J. Pieterse

R160.00

Helmuth Gunther, die aantreklike baas van Gunther en Vennote, styg met sy Cessna net buite Reniersburg in die Karoo op. Hy is opgewonde om ‘n grondtransaksie in die Weskus te gaan beklink. ‘n Verskriklike windstorm laat sy vliegtuig egter neerstort in ‘n bloekombos. Die harde kopstamp wat Gunther opdoen, vlek die donker gange van sy jarelange geheueverlies oop. ‘n Dramatiese reddingspoging laat hom in Reniersburg se hospitaal uit sy bewustelose toestand wakker word waar sy staatmakersekretaresse, Lanie de Wet hom besoek. Langs Gunther se hospitaalbed loop sy haar egter vas in allerhande onthoubeelde wat by Helmuth begin opkom en sy begin besef…die man op wie sy verlief is, is dalk iemand anders. In hierdie tyd is inspekteur Leander Fourie, die nuwe bevelvoerder van Kransbaai se polisiestasie, juis besig om al die onafgehandelde dossiere van sy voorganger, deur te werk. Toe die briewetas van Helmuth Gunther uit die Cessnawrak gehaal word en sy identiteit plus ‘n vroeere foto van hom daarin gekry word, wek dit die speurinstink by inspekteur Fourie teen ‘n spoed op. Want in een van die onafgehandelde dossiere le daar ‘n identiese foto wat net ‘n jonger weergawe is van die bloekombos se slagoffer. Dis egter ‘n foto sonder die wondmerke aan die gesig en onder ‘n ander naam. Hoe onvoorspelbaar, hoe diep en hoe lank kan ‘n stormsee sy geheime bewaar?

SKU: 9781920654580 Category:

Description

Imprint: Naledi
Country of origin: South Africa
Release date: June 2014
Authors: Annemarie J. Pieterse
Dimensions: 198 x 130 x 15mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 195
ISBN-13: 978-1-920654-58-0
Barcode: 9781920654580

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.