Ab : Die Outobiografie – AB de Villiers

R350.00

AB de Villiers is sonder twyfel een van die beste kolwers wat krieket nog ooit opgelewer het, maar sy prestasies strek veel verder as sy ongelooflike arsenaal dryf-, trek-, skep-, kap- en veeghoue. Of hy nou die tuisskares by die Wanderers of Nuweland laat jubel, of in Bengaluru of Sydney nuwe rekords opstel, die vriendelike krieketheld speel ‘n vreeslose, vurige spel wat miljoene Suid-Afrikaners trots maak en altyd ‘n positiewe beeld van sy land uitstraal. Dat sy gewildheid steeds toeneem, blyk duidelik, nie net uit sy derduisende Facebook-aanhangers en meer as twee miljoen Twitter-volgelinge nie, maar ook uit die duidelik waarneembare gevoel van afwagting in die paviljoene wanneer hy uitstap om sy plek voor die paaltjies in te neem. Dis AB se storie die, in sy eie woorde – die verhaal van die jongste van drie talentvolle, sportmal broers se grootwordjare in Warmbad; van ‘n seun wat in sy hoerskooljare by een van Pretoria se topskole in tennis, rugby en krieket uitgeblink het; van ‘n jong man wat op 20 sy internasionale krieketdebuut gemaak het en in die volgende 11 seisoene vir elke enkele toets gekies is waaraan Suid-Afrika deelgeneem het; van ‘n kolwer wat besig is om die kuns te herdefinieer, wat boulaanvalle in elke variasie van die spel oorheers en onder die wereld se bestes gereken word in toets- sowel as internasionale eendag- en T20-krieket. Maar, te midde van die vuurwerke en deurlopende staatmakerspel, bly AB ‘n ware sportman in die beste sin van die woord – beskeie oor sy eie welslae maar gou om sy opponente lof toe te swaai, altyd gereed om hard te werk, om sy span se volgende uitdaging te aanvaar en om sy land te verteenwoordig – iets wat hy steeds as ‘n enorme voorreg beskou.

1 in stock

SKU: 9781770104525 Categories: ,

Description

  • Hardback
  • 153 x 234mm | 680g
  • 16 Nov 2015
  • Pan Macmillan South Africa
  • Pan MacMillan
  • Illovo, South Africa
  • Afrikaans
  • 1770104526
  • 9781770104525

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.