Description
Jonathan Ball Uitgewers, hardeband met stofomslag, 2008, 226 pp
Kondisie: Baie goed
Baie professore lewer afskeidslesings. Uittredende professore word gevra om hul lewe in oënskou te neem en te praat oor wat hulle die naaste aan die hart lê. En terwyl hulle praat, kan die gehoor nie help om oor dieselfde vraag te tob nie: Watter perels van wysheid sou ons met die wereld wou deel as ons geweet het dis ons laaste kans? Wat sou ons wou nalaat as ons more van die aardbol af verdwyn? Toe die skrywer, ‘n professor in rekenaarwetenskap aan Carnegie Mellon, genooi is om die laaste woord te spreek, was dit nie vir hom nodig om hom te verbeel dat dit sy laaste lesing was nie, aangesien hy kort tevore moes hoor dat terminale kanker by hom gediagnoseer is. Maar die lesing wat hy gelewer het – getitel ‘Hoe om jou kinderdrome te verwesenlik’ – het nie oor die dood gehandel nie. Dit het gegaan oor hoe belangrik dit is om struikelblokke te bowe te kom, ander mense se drome vlerke te gee en elke oomblik met oorgawe te leef.
R90,00
Jonathan Ball Uitgewers, hardeband met stofomslag, 2008, 226 pp
Kondisie: Baie goed
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.
There are no reviews yet.