Reading is a human right

Kook saam Kaaps

(0) Write a review
ISBN 9780799375039

R275,00

  • Gift Card: On orders over R900
  • We use reliable couriers for speed
SKU: 9780799375039
Availability: Out of stock

Description

 | 

Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding.

KOOK SAAM KAAPS, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg.

Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Back to Top
Product has been added to your cart
Compare (0)