Swart Op Wit (Afrikaans) – Annelie Botes

R360.00

My dinkgoed het deurmekaar geraak, se Annelie Botes. ‘n Aantal jaar gelede het ‘n mediastorm om die Kammanassiekind se kop losgebars. Dit was ‘n donker tyd in haar lewe, maar sy is terug op die enigste manier wat sy ken: swart-op-wit loop sy haar spore van vyf-en-vyftig jaar na en deel met die leser dinge wat sy nie verstaan nie, wat haar bang maak en wat haar bly maak. Sy doen dit vir haar kinders en hulle kinders se kinders. “Want niemand op aarde wil spoorloos die langleer klim nie,” se sy. Tussenin lees ons ook hoe die toe al rebelse Annelie as tiener verlief raak op die man wat steeds die wyse, gryse engel Gabriel aan haar sy is. Oor al die berge en dale heen vlieg die twee saam. Moeiteloos glip sy tussen kontrasterende stories: jongliefde, oumensliefde, tye toe die liefde ontbreek het. Soms lag sy uit haar agterkeel oor Basjan-kat wat sy gebied op haar skoot gemerk het, ander kere sak sy gebroke op haar kniee neer oor Jabu se rooi baadjie …”Ek sukkel met die lewe,” se sy, “niks kom ooit vir my maklik nie. Maar ek hou nooit op om te probeer nie. Die jimmele weet …”

1 in stock

SKU: 9780992176464 Category:

Description

Imprint: Naledi
Country of origin: South Africa
Release date: February 2013
Authors: Annelie Botes
Dimensions: 221 x 148 x 15mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 303
ISBN-13: 978-0-9921764-6-4
Barcode: 9780992176464

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.