Raak hekel-slim – Beatrix Snyman

R250.00

Die dae toe net oumas en oujongnooiens doilies vir suikerpotjies wou hekel is lankal verby! Hekel het ontwikkel in die nommer een kunstige tydverdryf vir jonk en oud, met ‘n groot verskeidenheid hekelgare in alle kleure van die reënboog en eindelose patroonmoontlikhede.
Beatrix sê: Raak hekel-slim is ‘n volledige hekelhandleiding en die perfekte allesomvattende gids om beginners aan die kunsvorm van hekel bekend te stel.
Die volkleurfoto’s en haarfyn instruksies word gekomplementeer deur spoggerige hekelprojekte wat jou nuwe vaardighede toets.
Die boek verduidelik die volgende:
– Hekelpengroottes, -tipes en waarvan dit gemaak word (NB: dit sluit ook ‘n hekelpen-omskakelingstabel tussen VS, VK en metrieke mates in)
– Ander hekelgereedskap bv. kettingmerkers, stopnaalde en meetapperate
– Hoe om die hekelpen en draad vas te hou (en wat om te doen as jy linkshandig is)
– Hekeldraad bv. die voor-en nadele van natuurlike en kunsmatige vesels, die gewig van hekelgare en om hoeveelhede benodig uit te werk
– Kleurteorie en hoe om kleure te kombineer

2 in stock

SKU: 9780799382815 Category:

Description

Publisher LAPA Publishers; Beatrix Snyman
Published Date 2017-07-01
ISBN 9780799382815

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.