Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek – Louisa Pansegrouw; Edited by Adri Burger

R165.00

Het jy al ooit gewonder hoeveel betekenisse ‘n woord het wat jy daagliks gebruik? Of watter een woord in Afrikaans na ‘n rugbyspeler en ‘n wildsbok verwys? Het jy geweet dat ‘n borsplaat ook botterkaramel genoem kan word? En om af te sterf met minstens twintig ander woorde in Afrikaans vervang kan word? As jy nie die woord afransel wil gebruik nie, gee Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek meer as veertig ander woorde om van te kies. Afrikaans se grootste en gewildste blokraaiwoordeboek, die Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek is nou omvattend bygewerk. Boonop is hierdie woordeboek nie net ‘n blokraaigids nie: dit bevat idiome en sinonieme, en selfs kriptiese leidrade met oplossings. Verskeie bronne is gebruik om die splinternuwe uitgawe by te werk. Gidse oor diere, voels, (tuin)plante, selfs storieboeke en ou blokraaisels is deurgewerk om nuwe terme by te voeg, en terme wat nie in die vorige uitgawe opgeneem is nie, in te sluit. Hierdie nuwe uitgawe geslaag daarin om die woordrykheid van ons Afrikaanse taal in een boek saam te vat – die eenstop-naslaangids vir alle blokraailiefhebbers!

Out of stock

SKU: 9781868900527 Categories: ,

Description

Pharos woordeboek.

Kondisie: Goed

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.