Hierdie moderne, toeganklike woordeboek is die resultaat van unieke navorsing wat die woorde wat leerders in hulle handboeke teekom, geidentifiseer het. Dit is van nuuts af ontwerp om leerders doeltreffend en bedrewe in Afrikaans te help skryf en praat, en ondersteun leerders in sleutelareas, soos volg:
voorbeeldsinne wys jou hoe woorde werklik gebruik word
woordherkomste uit ‘n wye reeks tale, soos deur taalleerplanne vereis
bevat die woorde wat leerders regtig sal opsoek en gebruik
gebruiksnotas help jou om algemene foute te vermy
klem en klankgrepe help jou om woorde reg uit te spreek
akkurate definisies gee woorde se betekenisse in eenvoudige taal
illustrasies maak moeilike konsepte maklik om te verstaan en brei deur byskrifte woordeskat uit
Sinonieme en antonieme help jou om meer doeltreffend te skryf en praat
Studiebladsye met ‘n vinnige naslaangids vir grammatika, voorbeeldbriewe, SMS-taal, en meer
‘n Afdeling oor instruksiewoorde om jou te help om sukses in toetse en eksamens te behaal
Aktiwiteite en lesse geskik vir gebruik in die klaskamer
Reviews
There are no reviews yet.