My Eie Inkleur-Bybel (Sagteband)

R250.00

ʼn Bybelstorieboek wat kinders kan inkleur, lees en vir altyd kan koester.

Almal onthou hulle Kinderbybel. Daardie één waaruit hulle jare ge­lees het.

Dit is baie belangrik om die regte eerste Bybel vir ’n kind te kies, maar soms ook oorweldigend. Hoe kies jy die regte Bybel wat ’n kleinood vir jou kind sal word?

My eie inkleur-Bybel is ideaal vir 6- tot 10-jariges. Die sluit meer as 170 Bybelstories van Genesis tot Open­baring in. Die stories is maklik om te lees en te ver­staan. Dit sluit bekende gunstelinge in, asook minder bekende stories soos die dag toe die son stilgestaan het en die droë bene wat lewendig ge­word het. Elke storie het ook ’n kernvers en Bybelver­wy­sings om verder te kan gaan lees.

Maar dit is nie al nie. Daar is ook 95 illu­stra­sies wat kinders self kan inkleur. Die buiteblad is spesiaal ontwerp sodat kinders dit ook kan inkleur en die bladsye is ook met prentjies gerand om ingekleur te word. Met hierdie Kinderbybel kan kinders dus hulle eie stempel op hulle Bybel afdruk.

Out of stock

SKU: 9781431615711 Categories: , ,

Description

Outeur Samestelling
ISBN 9781431615711
Strepieskode 9781431615711
Produkstatus September 2016
Kategorie Afrikaanse Boeke
Bladsye 408 pp
Taal Afrikaans

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.