Kom ons bak gesels-gesels in jou eie kombuis

R380.00

Die boek is uiters gewild vir ‘n jong bruid en daarom ‘n oulike trougeskenk. Afgesien van dit, vir die ouer vrou van 50-60 daarrond, is dit net so ‘n “gerieflike” boek, want als wat tradisionele geregte is, is in een boek saamgevat , sodat al die 100 ander boeke byna onnodig is.

Aflewering geskied deur die outeur, gewoonlik aan die einde van ‘n maand.

Out of stock

SKU: 9780620760775 Category:

Description

Ek voel trots op my boek en dit voel of ek iets bereik het, wat ek kan agterlaat vir my nageslag en al die kopers se families en kinders. 

 SPESIALE RESEPTE

 Heel heel eerste is dit my sjokolade koek resep.  Dit het ‘n growwe tekstuur en is heerlik klam.

Ontbyt: Rys vir ontbyt.  Ongelooflik lekker.

Japtrap afdeling: Blitsige vleisrolletjies, vinnig om te maak, vullend en almal staan verstom oor wat jy met ‘n brood kan toor.

Slaaie: Waldorf slaai by die slaaie. Dit is so vullende slaai, dis amper genoeg alleen saam met braaivleis.

Groente: Verseker is die groentekoekies ‘n treffer, veral van die! Wat nie hul groente wil eet nie.

Voor- en nageregte:Vinnige kondensmelk nagereg met meringues/skuimpies vir die SOETTAND! en die gebakte eetbare nagereg bakkies.Heerlik.

Kleinkoekies:Wielietjie koekies. (kakao gegeurde deeg word bo-op wit deeg geplaas en opgerol, en na rus in die yskas, opgesny in Wielietjies. Proe soos Skotse brood koekies.

TERT KORSE/DEEG; ALLERLEI LEKKER; EETGOEDJIES; LEKKERS EN ROOMYS;  Ek kan nie kies nie, als ewe lekker! By die lekkers, die spesiale tuisgemaakte bar-one-sous!! EN Roomys met vlammende kersiesous.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.