Gelofteland – F A Venter

R265.00

Met (Gelofteland, sy derde roman oor die Groot Trek), bereik Venter die hoogtepunt, nie net in die historiese lyn nie, maar ook in sy siening en beelding. Strak, onmiddellik, dramaties ontvou die gebeurtenisse wat so ‘n ingrypende uitwerking op die geskiedenis van die Afrikaanse volk gehad het. Na die moord op Pieter Retief en die verskrikking van die Bloukransmoorde heers daar onder die Trekkers verslaenheid en vertwyfeling. By Italeni word ‘n Trekkerkommando die eerste keer verslaan. Hongersnood, siekte, dood, elke oomblik die vrees dat die Zoeloes sal kom, want elke dag sak die waters van die Tugela laer en laer. Selfs die natuur word blykbaar ‘n vyand wat hulle wil vernietig, En daar bly geen leier oor nie. Retief is dood. Uys is dood. Maritz is dood. Hendrik Potgieter het teruggetrek oor die Berg en baie het hom gevolg. Het dit dan nog enige sin om te bly hoop en glo dat hierdie land tog hul erfdeel is, hul bedoelde land? Dit is die vraag wat in die hart van menige Trekker gespook het om ‘n antwoord. Dit is die vraag wat Rudolf Dreyer tot op die rand van algehele wanhoop bring. Maar toe die nuus: Andries Pretorius, die man van die Sneeuberg, kom. ‘n Fyn militaris wat die aanval tot in die kleinste besonderheid kan beplan, maar’ook ‘n man wat wéét dat menslike venuf alleen niks sal vermag teen die oorweldigende oormag nie.

9 Desember. In die skroeiende somerson staan ‘n groepie mans met ontblote hoofde om die hulp van die Allerhoogste af te smeek en om gelofte aan Hom te doen. As Hy hulle die oorwinning gee, sal hulle die dag aan Hom wy en ‘n tempel tot Sy eer bou. En die wonder gebeur. Die slag van Bloedrivier. Die slag van die Wit-Umfoloos. Tussen die verbleikte beendere op Moordkoppie die traktaat met Dingaan. Die land Natalia behoort aan hulle, die Emigrante-Boere.

Gelofteland is die onvergeetlike verhaal van een van die grootste momente uit die Afrikaanse geskiedenis. deur die oë en beleefnisse van hulle wat dit meegemaak het. Dit is bowenal die verhaal van menslike angs, twyfel en loutering en uiteindelike vreugdevolle begrip.

 

1 in stock

Description

3rd print, 1968, Tafelberg Publishers, Cape Town, Used Copy: Condition: Good;

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.