eMajuba (Afrikaans) – Dawie Louw

R160.00

Pragtige Nelia word deur sakeman Boris de Beuck verkrag. Maar skielik is daar sprake van ‘n video wat glo bewys dat Nelia vrywillig betrokke was. Woedend besef sy dat magtige Magda, Boris se ma, agter die skerms konkel. Nelia neem reg in eie hande en as IT-spermuur spesialis, sit sy met ‘n dodelike troefkaart. Ook kry sy hulp van vreemdeling Retief Boshoff wat vermoed dat haar saak verband hou met ‘n voorval uit die tweede Vryheidsoorlog, 111 jaar gelede. Moeksie, Retief se grootouma, was toe ook ‘n slagoffer van ‘n verkragting. En die verdagte? Sep de Beuck, Boris se grootoupa. Om alles te kroon, was Sep ‘n joiner wat openlik met Kakie geheul het. Maar daar’s ‘n kinkel. ‘n Kakie-soldaat was daardie stormagtige nag ook op die plaas en Moeksie kon nie haar aanvaller eien nie. Al wat sy in die weerlig kon sien, was iets soos ‘n geboortevlek op die man se maag. Op soek na die man met die vlek, delf Retief en Nelia diep in die twee families se voorgeskiedenis; vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto We Sizwe in die 70’s, tot en met die Kerkstraat-bomaanval in 1983. Retief skryf verbete aan sy familiegeskiedenis, onder andere oor die Boshoffs se eed om wraak op die De Beucks te neem. Nelia besef Retief sit in sy eie manuskrip vasgevang en vermoed dat dit die einste eed is wat hom so in die verlede hou. Daarenteen het Nelia, as weggooikind, geen idee wie haar voorsate is nie.

SKU: 9781920654634 Category:

Description

Imprint: Naledi
Country of origin: South Africa
Release date: October 2014
Authors: Dawie Louw
Dimensions: 220 x 153 x 30mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 395
ISBN-13: 978-1-920654-63-4
Barcode: 9781920654634

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.