Droomdelwers Studiewerkgids – Pieter Rademeyer

R175.00

Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 11 Huistaal. Die studiewerkgids sal leerders help om die roman se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering vir die roman aan te wakker.

Die studiewerkgids bevat die volgende:

· in-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe;
· kontekstualisering van die verhaal;
· pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit;
· ʼn kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal;
· volledige woordverklarings; en
· toetse vir formele assessering/assesseringstake.

Out of stock

SKU: 9781776070077 Category:

Description

Kategorie: Skoolhandboeke & studiegidse
ISBN: 9781776070077
Datum Vrygestel: 01 Desember 2015
Prys (insl. BTW): R 175.00
Formaat: Sagteband,192pp

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.