Op grond van die fenomenale sukses van Perry Stone se topverkoper is hierdie geskenk-uitgawe van die boek Hoe om drome en visioene te interpreteer nou beskikbaar. In Drome en visioene verduidelik die gewilde topverkoperskrywer en prediker Perry Stone dat daar telkens leiding en waarskuwings van God in verskeie soorte drome en visioene versteek is waaronder: Vier soorte geestelike visioene; nagmerries; drome van ‘n geliefde wat dood is; vals drome. Met sy diepgaande Bybelse kennis en geestelike insig, bied Perry Stone aan lesers hulpmiddels en antwoorde om hierdie verskuilde boodskappe te ontbloot.
Reviews
There are no reviews yet.