Tot siens, Mattewis; Ek Sal, Mattewis; Ekskuus, Mattewis
Mikro (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn) was gebore op 8 Oktober, 1903. In sy leeftyd het die bekende Afrikaanse skrywer vir ons 113 boeke nagelaat. Van hom word gesê: “Om stories te vertel was vir Mikro werk, ontspanning, stokperdjie en passie”. Hy is oorlede op 17 April, 1968 en was veral bekend vir “Ruiter in die nag” (1936) en “Die jongste ruiter”(1954). In 1968 verskyn sy autobiografie van sy 65 lewensjare, met die titel “Hy koop toe vir hom ‘n pen”. Ten tyde van sy afsterwe was sy laaste boek, Ursula, nog onvoltooid en neem C.F. Beyers-Boshoff dit op hom om die laaste paar hoofstukke te voltooi, sodat die boek ook vir die nageslag behoue kon bly.
Reviews
There are no reviews yet.