Bybel vir die lewe 24/7

R550.00

Mense kom van verskillende kante af na die Bybel toe. Daarom wil Die 24/7-Bybel vir die Lewe met die verskillende rubrieke die Bybelteks vir alle soorte mense oopsluit. Die skryfstyl is op die punt af, die rubrieke kort, betekenisvol en kernagtig. Sover moontlik is daar van elke rubriek in al 66 Bybelboeke. Die rubrieke is tussen die Bybelteks ingevoeg.

Agter die keuses vir rubrieke lê die drie groot lewensvrae wat ons dink gelowiges se lewe en geloof beïnvloed:

•Wie is ons in God se oë? – ons identiteit.
•Watter verskil maak geloof aan hoe ek saam met ander mense leef? – al ons verhoudings.
•Hoe leef ons 24/7 as gelowiges? – om Jesus te volg.

Al die rubrieke – al is dit dikwels aan ’n spesifieke gedeelte of vers in die Bybel gekoppel – help die lesers om verantwoordelik met die Bybelteks om te gaan, om dieper te grawe in ’n baie ou geloofstradisie en hulle te lei om hulle te verbind aan die Christelike tradisie en, bowenal, aan God self.

SKU: 9780796303202 Categories: ,

Description

  • Skrywer: N.W. Simpson, Ewald van Rensburg
  • Kategorie: Bybels
  • ISBN: 9780796303202
  • Datum Vrygestel: 2007/08/15
  • Boek Formaat: Sagteband

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.