Boheem – Chanette Paul

R260.00

Boheem is die derde spanningsroman in die Gys Niemand-reeks
Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia.
Op die dag van haar egskeiding, ontdek Katrien Bresselaar haar man se verminkte liggaam onder verdagte omstandighede. Sy word voor die reg vrygespreek van die moord, maar niemand dink sy was onskuldig nie.
Toe sy dus drie jaar later by die kunstenaarskolonie, Bohemia, aankom en vir die tweede keer in haar lewe op die liggaam van ʼn vermoorde afkom, is daar baie vingers wat na haar wys. As sy immers een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?
Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.
’n Rustige hawe vir kunstenaars is Bohemia allermins. Anne Lockwood haar met ‘n klomp kreatiewe mankes omring en so ‘n prutpot geskep wat die een of ander tyd moes oorkook.
Gys Niemand en Fortuintjie, Niemandsdorp se beste speurspan wat die skuldiges in Springgety en Fortuin aan die pen laat ry het, kan maar net toekyk, want hulle mag nie betrokke raak nie. Totdat Gys besluit om verlof te neem en Vrystaat toe te gaan om Katrien Bresselaar alias Kayla Cilliers, finaal aan die pen te laat ry.
Boheem was in 2010 ’n  finalis vir die ATKV se Veertjie toekenning in die spanningsroman kategorie. Nog twee Gys-boeke volg in Springgety, Fortuin en Boheem se voetspore, naamlik Meetsnoer en Dryfhout.

SKU: 9780799344646 Category:

Description

Aantal bladsye: 586
ISBN: 978 0 7993 4464 6
Verskyningsdatum: Julie 2009
Uitgewer: Lapa Uitgewers

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.