Beste van eet vir volgehoue energie – Gabi Steenkamp , Liesbet Delport

R320.00

Die nuutste toevoeging tot Suid-Afrika se topverkoper GI-kookreeks. Al hoe meer mense ontdek deesdae die voordele van ’n lae-GI-, laevet eetpatroon. Hierdie manier van eet verseker jou nie net van volgehoue energie, verbeterde konsentrasie en verhoogde stamina nie, maar hou ook die volgende spesifieke gesondheidsvoordele in:
• Verlaagde en bestendige bloedglukosevlakke by diabete
• Makliker permanente gewigsverlies
• Verbeterde konsentrasie by kinders met aandaggebreksindroom (AGS)
• Beter prestasie onder sportmanne en –vroue
• Verlaagde cholesterol en bloeddruk
Gabi en Liesbet het die beste en gewildste resepte uit die Eet vir Volgehoue Energie reeks wat 4 titels insluit saamgestel vir elke dag se lekker eet. Dié gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van gewilde geregte soos Lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees.
Die volledige inleiding verduidelik presies hoe die Glukemiese Indeks werk en verskaf praktiese riglyne vir lae-GI-, laevet-eetgewoontes vir spesifieke mediese toestande. Die nuttige GI-produklyste is ’n onontbeerlike hulpmiddel om geskikte voedselsoorte en –produkte te identifiseer.
Ook verkrygbaar in Engels as Best of Eating for Sustained Energy.

1 in stock

SKU: 9780624071457 Category:

Description

Skrywer: Gabi Steenkamp , Liesbet Delport
Kategorie: Kos & drank
ISBN: 9780624071457
Datum Vrygestel: 20 Maart 2015
Human & Rousseau
Formaat: Sagteband, 160pp

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.