‘n Lint in Die Wind – Elize Parker

R65.00

‘n Lint in die wind is die derde en laaste boek in die treffende Offerkind-reeks. Die reeks handel oor Emma en Izak, ‘n tweeling wat by geboorte geskei is, en ‘n Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van hul ma, Charlene. Charlene Fourie raak swanger na sy as tiener ‘n passievolle eenaandafspraak met ‘n plaaslike seun het. Sy word na ‘n huis vir ongehude moeders in Pretoria gestuur en haar ma gaan ‘n ooreenkoms met ‘n vriendin aan om Charlene se baba, sonder haar wete, te laat aanneem. Gedurende hierdie tyd ontmoet Charlene ‘n soldaat uit Rhodesie, majoor Lloyd Edwards, en trou met hom na ‘n warrelwindromanse. Sy raak swanger met ‘n tweeling, maar beleef ‘n bitter moeilike jaar waarin Lloyd vermis raak, bipolere depressie haar begin onderkry en sy probeer selfmoord pleeg toe sy sewe maande swanger is. In haar donkerste tyd verneem sy dat die tweeling oorlede is (‘n leuen wat aan haar vertel word) en kom sy by ‘n kruispad waar die toekoms donkerder as die verlede lyk. Vir Charlene is dit ‘n lang pad na herstel. Sal sy ooit die waarheid uitvind oor die leuens wat haar gesin verwoes het? En sal haar drie kinders hul pad na haar toe terugvind?

SKU: 9781415314043 Categories: ,

Description

  • Paperback | 304 pages
  • 137 x 213mm | 305g
  • 01 Mar 2013
  • Struik Christian Books
  • Used copy, very good condition
  • Used copy, very good condition
  • Maitland, South Africa
  • Afrikaans
  • 1415314047
  • 9781415314043

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.